Vergelyk Vivaldi met ander blaaiers
Waarom Vivaldi kies? Wel, ons dink dit is die beste blaaier wat daar is. Maar u hoef ons nie te glo nie. Kyk na hierdie vergelykingsblad en kies volgens wat vir u saakmaak!
Produktiwiteit
Vivaldi is die wêreld se aanpasbaarste blaaier. Waarom is dit belangrik vir u produktiwiteit? Maklik. Dit beteken u kan Vivaldi laat werk net soos u dit wil hê.
Elkeen gebruik sy blaaier om iets gedoen te kry: werk, studie, inkopies, navorsing of bloot vir vermaak. Vivaldi is vol handige funksies om afleiding te minimaliseer en u te help om die taak effektief af te rond.
Met ongeëwenaarde oortjiebeheerfunksies, talle aanpasbare sneltoetse en kragtige ingeboude nutsmiddels, kan u meer gedoen kry en dit tegelykertyd geniet.
Volledige ondersteuning
Gedeeltelike ondersteuning
Geen ondersteuning
| Funksies | |||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Oortjiegroepe op twee vlakke | |||||||
| Oortjiegroepe | |||||||
| Onbeperkte oortjies in splitskerm | |||||||
| Vrye plasing van die oortjiebalk | |||||||
| Vrye plasing van die adresbalk | |||||||
| Periodieke oortjieverfrissing | |||||||
| Installeer webwerwe as lessenaartoeps (PWA’s) | |||||||
| Pasgemaakte makro’s | |||||||
| Pasgemaakte muisgebare | |||||||
| Pasgemaakte sneltoetse | |||||||
| Pomodoro-tydtoestel | |||||||
| Moet-doen-lys | |||||||
| Pasgemaakte toeps & werwe in die systaaf | |||||||
| Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik) | |||||||
| Pousemodus | |||||||
| Ingeboude notas | |||||||
| Ingeboude e-pos | |||||||
| Ingeboude kalender | |||||||
| Werkruimtes |
Vivaldi loop voor op oortjiebestuur en produktiwiteit – met unieke ingeboude funksies wat dit laat uitstaan bo die skare.
Privaatheid
Die meeste blaaiers beweer dat hulle u privaatheid beskerm, maar hulle bedryfsmodelle hang dikwels af van ’n sekere vorm van profilering of bewaking.
By Vivaldi wys ons hierdie praktyke af en glo ons dat wat u met u blaaier doen u saak is en niemand anders s’n nie. Ons gee aan u die middels wat u benodig om uself te beskerm teen die nuuskierige blikke van tegnoreuse, soos ’n ingeboude advertensie- en naspoorderversperder met aangepaste lyste, Proton VPN en eind-tot-eind-geënkripteerde datasinchronisering. Met Vivaldi is u in beheer!
Volledige ondersteuning
Gedeeltelike ondersteuning
Geen ondersteuning
| Funksies | |||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Ingeboude advertensieversperder | |||||||
| Beskerming teen naspoorders | |||||||
| Pasgemaakte versperlyste | |||||||
| Veilige sinchronisering met enkripsiesleutel | |||||||
| Geen nasporing & profilering van gebruikersgedrag | |||||||
| Gratis onbeperkte VPN | |||||||
| Europees | |||||||
| Data in Europa bewaar |
Privaat by verstek: geen profilering, geen dataverkope, met ingeboude naspoorder- en advertensieversperder en ’n gratis VPN deur Proton.
Ingeboude funksies
By Vivaldi is ons doel om aan u ’n blaaier te bied met alle benodigde funksies ingebou. Ons leuse is ‘’n blaaier wat by u aanpas, nie andersom nie’, en omdat elkeen verskillende behoeftes en voorkeure het, beteken dit ’n blaaier boordensvol kragtige ingeboude funksies.
As wat u benodig op die een of ander manier nog nie in Vivaldi is nie, kan u uitbreidings installeer vanuit die Chrome Webwinkel (dit werk ook goed in Vivaldi!), of na ons Forum kom en ’n funksieversoek indien. Ons lewe van gebruikersterugvoer: so ontwikkel en groei ons, omdat ons geen aandeelhouers of beleggers het wat toutjies trek nie.
Vivaldi het die funksies wat u soek én die funksies wat u nie geweet het u benodig nie, maar waar u nie sonder kan nie.
Volledige ondersteuning
Gedeeltelike ondersteuning
Geen ondersteuning
| Funksies | |||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddel | |||||||
| Privaat volbladvertaalnutsmiddel | |||||||
| Uitspringvideos op enige webwerf | |||||||
| Pasgemaakte deelbare temas | |||||||
| Bewerkbare nutsbalke | |||||||
| Volledig versoenbaar met Chromium-uitbreidings | |||||||
| Pasgemaakte soekenjins | |||||||
| Bladsy-aksies om die aansig van werwe te verander | |||||||
| Leesmodus | |||||||
| Ingeboude e-pos | |||||||
| Ingeboude kalender | |||||||
| Ingeboude voerleser | |||||||
| Visuele geskiedenis met statistieke | |||||||
| Beelddetailinspekteur | |||||||
| Aan/af beeldanimasie | |||||||
| Aan/af beeldlaai | |||||||
| Vry van KI | |||||||
| Koppelvlak-outoversteek | |||||||
| Werkskermmodus vir Android |
E-pos, kalender, voerleser, notas en vertaal – alles ingebou, geen uitbreidings nodig.
Gereelde vrae
-
Is Vivaldi gratis?
Ja, Vivaldi vir die rekenaar is heeltemal gratis om af te laai en op Windows, macOS en Linux te gebruik. Ons mobiele weergawe is gratis beskikbaar vir Android- en iOS-toestelle.
-
Hoe maak Vivaldi geld?
Ons het geen eksterne beleggers wat ons agterbakse dinge laat doen in die meedoënlose strewe na steeds groter winste nie. Ons volg of profileer u nie. Ons versamel geen gebruiksdata nie. So betaal ons ons rekeninge en maak ons die blaaier wat ons wil gebruik:
- Vennootskapooreenkomste met soekenjins
- Vennootskapooreenkomste met boekmerkvennote
- Vennootskapooreenkomste deur Direkte Treffer
- Skenkings
-
Wie besit Vivaldi?
Dit is ons! Vivaldi is behoort aan sy personeel. Ons het geen eksterne beleggers wat eis dat ons slegte dinge bou om hul inkomste te verhoog nie. Ons span is internasionaal, maar ons hoofkantoor is in Oslo, Noorweë, en ons het kantoren in Reykjavik (Ysland). Ons eie bedieners is daar, waar geënkirpteerde gebruikersdata bewaar word – onderworpe aan streng EU-reëls vir databeskerming, privaatheid en datadienste. En so hou ons dit ook.
-
Wat maak Vivaldi anders?
Daar is die reuse-omvang van funksies. Daar is het ongelooflike aanpassingsvlak en verpersoonliking. Daar is ons passie vir veiligheid en privaatheid. Daar is ons Europese erfgoed en ons organisasie waarvan die werknemers eienaars is.
Maar daar is ook die dinge wat ons nie doen nie: ons volg u of profileer u nie. Ons verkoop geen gebruikersdata nie (en versamel dit ook nie). Ons plaas geen kunsmatige agente tussen u en die web, wat bepaal wat en hoe u verken, nie. Ons voeg ook geen funksies met betrekking tot kripto-eenhede toe tot ons blaaiers nie.
Ons bou die blaaier wat ons wil gebruik, met respek vir ons gebruikers en vegtend vir ’n beter web vir almal.
-
Kan ek my data vanaf ander ’n blaaier invoer?
Ja. U kan kies om u boekmerke, wagwoorde, geskiedenis en outovuldata vanaf Chrome, Firefox, Edge, Opera, Brave en Safari in te voer. U kan ook te eniger tyd HTML-lêers invoer.
-
Is Vivaldi privaat?
Ja, definitief!
Privaaatheid is nie net ’n funksie by Vivaldi nie, dit is ’n filosofie. Geen profilering, geen datamynwerk, geen onsin. Anders as ander blaaiers versamel Vivaldi nie gebruikersdata nie en ons verkoop nie data aan adverteerders en ander wat daarvoor wil betaal nie. Vivaldi weet nie eens hoe u die blaaier gebruik nie.
U data gesinchroniseer? Eind-tot-eind-geënkripteer.
U blaaiery? Beskerm met ingeboude naspoorder- en advertensieversperring.
U privaatheid? Gerespekteer, altyd.
-
Waarom sluit Vivaldi nie KI in nie?
Ons het mense bo ’n bohaai gekies. By Vivaldi glo ons dat blaaiery ’n aktiewe handeling is en ons wil nie ’n kunsmatige agent, wat die inligtingspad beheer, tussen u en die web voeg nie. Ons sal eerder werk aan kragtige funksies wat u in beheer plaas.
-
Kan ek Vivaldi op mobiel gebruik?
Ja, Vivaldi is ook beskikbaar vir Android en iOS-toestelle, waar u van ons kragtige funksies soos die ingeboude advertensieversperder, tweevlakoortjiegroepe, notas en vertaler kan geniet. Dit kan van die Toepwinkel en die Speelwinkel afgelaai word.
-
Is Vivaldi maklik om te gebruik ondanks al die funksies?
Ja, Vivaldi werk geweldig direk na installasie en is spoedig gereed vir gebruik. Die wonderlike van Vivaldi is dat u bepaal hoeveel tyd en moeite u wy aan die aanpas van Vivaldi. Vivaldi bied meer aanpassingsmoontlikhede as enige ander blaaier en hoe meer u verken, hoe meer kan u daaruit put.
-
Sal Vivaldi, soos Chrome, op alle webwerwe werk?
Vivaldi werk net soos enige ander groot blaaier op alle werwe.
Vivaldi to. ons mededingers
Kyk hoe Vivaldi een tot een vaar teen die kompetisie.
Laas bygewerk: Oktober 2026






