Wat ons glo

Vind uit hoe dit is om by Vivaldi te werk,
en waaraan ons glo.

Waarvoor ons staan

’n Blaaier behoort by u aan te pas, nie andersom nie.

Ons glo dat baie mense elke millimeter van hul blaaiers wil pasmaak en verstel na hul eie voorkeure. Hulle verlang toegang tot gevorderde nutsmiddels sonder om verrigting of sekuriteit prys te gee. En hulle wil gehoor word.

“Ons bou ’n kragtige, persoonlike en buigsame blaaier. ’n Blaaier wat by u aanpas, nie andersom nie.”

Ons missie

Hoe Ons Dit Doen

’n Besondere gemeenskap van vrywilligers en ’n gesonde dosis ervaring in blaaierbou.

Ons stigter en HUB, Jon von Tetzchner, het al blaaiers gebou nog voor die meeste mense van die Internet gehoor het. Ons glo in selforganisasie en kruisdepartementele- en -projeksamewerking. Ons is egter nie alleen nie. Ons maak op ’n briljante vrywilligergemeenskap van regoor die wêreld staat om ons te help met toets, vertaal en bemarking.

“Eerbiedig mekaar, bevraagteken alles, wees kreatief en kry dinge gedoen.”

Grondbeginsels

Liggings

Ons het (tot dusver) 25 nasionaliteite wat vanuit sewe lande in kantore in Noorweë, Ysland en die VSA werk.

Oslo, Noorweë

Ons hoofkwartier is in die hartjie van Oslo, langs ’n pragtige waterval. Dit is inderdaar ’n regte waterval, en ’n mens kan selfs Noorweegse salm in die rivier vang as dit u plesier sal verskaf.

Reykjavík, Ysland

Ons kantore in Ysland is geleë in die Innovasiehuis, ’n plaaslike broeiplek vir nuwe besighede wat deur Jon gestig is. Ons Yslandse span het asemrowende uitsigte oor die oseaan en put baie inspirasie daaruit om Vivaldi te bou.

Magnolia, VSA

Ons Amerikaanse basis is ’n kort entjie buite Boston in die Magnolia Innovasiehuis – ’n bed-en-ontbyt wat as tegnologiekern diens dien. Elke somer kom die hele span hier bymekaar vir ’n maand se krapstokkies en om kode te skryf.

Ons is in Beheer

Vivaldi word deur sy werknemers besit.
En ons beplan om dit so te hou.

Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien. Elke idee tel en word ernstig oorweeg.

3 100 000+
Aktiewe gebruikers
1 600 000+
Gemeenskapslede
0
Eksterne beleggers