’n Liggewig Chrome-alternatief wat u nie naspoor nie

Vivaldi is ’n vinnige, uiters aanpasbare blaaier – soos Chrome op steroïdes. Maar dit prioritiseer u privaatheid – nie vir ons wins nie.

Download Vivaldi

Versoenbaar met Windows, macOS, Android en Linux.

Supervinnig, intuïtief en propvol funksies

Ons glo dat u in beheer moet wees van hoe u blaaier daar uitsien, voel en werk. Met Vivaldi se uitgebreide ingeboude opsies en funksies kan u instellings meng en pas vir ’n blaai-ervaring wat uniek is aan u. Voeg dan ’n pasgemaakte tema toe om u persoonlikheid uit te druk.

Veelvlakkige oortjiegroepe

Oortjiegroepe is ’n belangrike voorbeeld van ons ongeëwenaarde oortjiebestuur. Sleep en los net om u oortjies te organiseer, sodat u die gewenste inligting vinniger kan vind.

Lees nog

Slimmer produktiwiteitsnutsmiddels

Snel deur u take met beter navigasie-opsies, aanpasbare koppelvlak, gevorderde ingeboude funksies en kernproduktiwiteitstoeps: egte e-posleser, privaat kalender en leser sonder algoritmes.

Lees nog

Onbeperkte oortjies in splitskerm

Oortjiestapeling laat u meer as een blad op ’n slag bekyk, langs mekaar of in ’n rooster. Vir werk en spel — geweldig vir die vergelyk van werksaanbiedings of die kyk van meerdere Twitch-strome!

Leer hoe

Volle steun vir uitbreidings

Vivaldi het soveel funksies ingebou dat u in tyd nie meer u gunstelinguitbreidings benodig nie. Maar net ingeval, kan u altyd uitbreidings installeer vanuit die Chrome uitbreidingswinkel.

Lees nog

Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning Geen ondersteuning

Vivaldi vs. Chrome Vivaldi Chrome
Produktiwiteit
Oortjiegroepe op twee vlakke Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Oortjiegroepe Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Onbeperkte oortjies in splitskerm Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Vrye plasing van die oortjiebalk Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Vrye plasing van die adresbalk Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Periodieke oortjieverfrissing Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte makro’s Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte muisgebare Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte sneltoetse Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude fokuswekker en produktiwiteitsklok Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte toeps & werwe in die systaaf Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik) Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pousemodus Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude notas Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude e-pos Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude kalender Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Privaatheid
Ingeboude advertensieversperder Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Beskerming teen naspoorders Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte versperlyste Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Veilige sinchronisering met enkripsiesleutel Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Geen nasporing & profilering van gebruikersgedrag Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude funksies
Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddel Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Privaat volbladvertaalnutsmiddel Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Uitspringvideos op enige webwerf Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte deelbare temas Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Bewerkbare nutsbalke Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Versoenbaar met Chromium-uitbreidings Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Stel pasgemaakte soekenjins in Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Pas die voorkoms van blaaie aan met bladaksies Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude lesermodus Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Visuele geskiedenis met statistieke Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Beelddetailinspekteur Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Aan/af beeldanimasie Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Aan/af beeldlaai Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning

Hierdie grafiek word kwartaalliks bygewerk met die jongste weergawe-inligting, en gee moontlik nie altyd die onlangsste bywerkings weer nie.

Kom los van die tegnoreuse vir ’n blaaier wat privaatheid voorop stel

Ons vind die naspoor van gebruikergedrag grieselig, verkeerd en onnodig. Daarom het Vivaldi geen idee wie u is of welke werwe u besoek nie. U blaaiery, u sake. En ons help u om ander wat naspoor ook te vermy d.m.v. die ingebouwe naspoorder- en advertensieversperder.

Vertrou deur miljoene gebruikers

Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.

3 100 000+Aktiewe gebruikers
1 600 000+Gemeenskapslede
0Eksterne beleggers

Sien Vivaldi in aksie

Kyk na hierdie video om te sien hoe Vivaldi Google Chrome oortref.

Oorskakeling na Vivaldi vanaf Chrome is vinnig, maklik en pret.

Blaai onderweg. Waar u ook al gaan

Sinchroniseer boekmerke, wagwoorde, oop oortjies en meer tussen u werkskerm- en mobiele toestelle deur by u Vivaldi-rekening in te teken. U kan dus altyd verder gaan waar u dit gelos het.

Maak u met plesier los van die tegnologiereuse

Download Vivaldi