Vivaldi to. Microsoft Edge

Baie dinge onderskei Vivaldi en Edge; BAIE. As ons kyk na die verskille tussen die twee maatskappye, is daar enkele kernverskille. Vivaldi behoort aan sy werknemers, het geen eksterne beleggers nie en is gevestig in Europa. Microsoft is een van die belangrikste Amerikaanse tegnoreuse en gebruik allerlei skimmige praktyke om gebruikers daarvan te weerhou om van Edge oor te stap.

Vivaldi het geen KI nie, spoor u nie na nie en verkoop nie u data nie, en laat u dinge aanpas soos u wil. Anders as Edge, wie se hoofdoel blyk te wees om “die web’n donkergrys plek sonder verkenning” te maak.

Oaat ons, so ver soos die maatskappye ook vanmekaar is, die funksieverskille tussen die twee blaaiers van nader beskou.

Laai Vivaldi af
Vivaldi browser screenshot

Produktiwiteit

Vivaldi is die wêreld se aanpasbaarste blaaier. Waarom is dit belangrik vir u produktiwiteit? Maklik. Dit beteken u kan Vivaldi laat werk net soos u dit wil hê.

Elkeen gebruik sy blaaier om iets gedoen te kry: werk, studie, inkopies, navorsing of bloot vir vermaak. Vivaldi is vol handige funksies om afleiding te minimaliseer en u te help om die taak effektief af te rond.

Met ongeëwenaarde oortjiebeheerfunksies, talle aanpasbare sneltoetse en kragtige ingeboude nutsmiddels, kan u meer gedoen kry en dit tegelykertyd geniet.

Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning Geen ondersteuning

FunksiesVivaldiMicrosoft Edge
Oortjiegroepe op twee vlakkeVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
OortjiegroepeVolledige ondersteuningVolledige ondersteuning
Onbeperkte oortjies in splitskermVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Vrye plasing van die oortjiebalkVolledige ondersteuningGedeeltelike ondersteuning
Vrye plasing van die adresbalkVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Periodieke oortjieverfrissingVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Installeer webwerwe as lessenaartoeps (PWA’s)Volledige ondersteuningVolledige ondersteuning
Pasgemaakte makro’sVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Pasgemaakte muisgebareVolledige ondersteuningGedeeltelike ondersteuning
Pasgemaakte sneltoetseVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Pomodoro-tydtoestelVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Moet-doen-lysVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Pasgemaakte toeps & werwe in die systaafVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik)Volledige ondersteuningGeen ondersteuning
PousemodusVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Ingeboude notasVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Ingeboude e-posVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Ingeboude kalenderVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
WerkruimtesVolledige ondersteuningVolledige ondersteuning

Vivaldi loop voor op oortjiebestuur en produktiwiteit – met unieke ingeboude funksies wat dit laat uitstaan bo die skare.

Laai Vivaldi af

Privaatheid

Die meeste blaaiers beweer dat hulle u privaatheid beskerm, maar hulle bedryfsmodelle hang dikwels af van ’n sekere vorm van profilering of bewaking.

By Vivaldi wys ons hierdie praktyke af en glo ons dat wat u met u blaaier doen u saak is en niemand anders s’n nie. Ons gee aan u die middels wat u benodig om uself te beskerm teen die nuuskierige blikke van tegnoreuse, soos ’n ingeboude advertensie- en naspoorderversperder met aangepaste lyste, Proton VPN en eind-tot-eind-geënkripteerde datasinchronisering. Met Vivaldi is u in beheer!

Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning Geen ondersteuning

FunksiesVivaldiMicrosoft Edge
Ingeboude advertensieversperderVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Beskerming teen naspoordersVolledige ondersteuningVolledige ondersteuning
Pasgemaakte versperlysteVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Veilige sinchronisering met enkripsiesleutelVolledige ondersteuningGedeeltelike ondersteuning
Geen nasporing & profilering van gebruikersgedragVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Gratis onbeperkte VPNVolledige ondersteuningGedeeltelike ondersteuning
EuropeesVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Data in Europa bewaarVolledige ondersteuningGeen ondersteuning

Privaat by verstek: geen profilering, geen dataverkope, met ingeboude naspoorder- en advertensieversperder en ’n gratis VPN deur Proton.

Laai Vivaldi af

Ingeboude funksies

By Vivaldi is ons doel om aan u ’n blaaier te bied met alle benodigde funksies ingebou. Ons leuse is ‘’n blaaier wat by u aanpas, nie andersom nie’, en omdat elkeen verskillende behoeftes en voorkeure het, beteken dit ’n blaaier boordensvol kragtige ingeboude funksies.

As wat u benodig op die een of ander manier nog nie in Vivaldi is nie, kan u uitbreidings installeer vanuit die Chrome Webwinkel (dit werk ook goed in Vivaldi!), of na ons Forum kom en ’n funksieversoek indien. Ons lewe van gebruikersterugvoer: so ontwikkel en groei ons, omdat ons geen aandeelhouers of beleggers het wat toutjies trek nie.

Vivaldi het die funksies wat u soek én die funksies wat u nie geweet het u benodig nie, maar waar u nie sonder kan nie.

Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning Geen ondersteuning

FunksiesVivaldiMicrosoft Edge
Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddelVolledige ondersteuningVolledige ondersteuning
Privaat volbladvertaalnutsmiddelVolledige ondersteuningGedeeltelike ondersteuning
Uitspringvideos op enige webwerfVolledige ondersteuningGedeeltelike ondersteuning
Pasgemaakte deelbare temasVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Bewerkbare nutsbalkeVolledige ondersteuningGedeeltelike ondersteuning
Volledig versoenbaar met Chromium-uitbreidingsVolledige ondersteuningVolledige ondersteuning
Pasgemaakte soekenjinsVolledige ondersteuningVolledige ondersteuning
Bladsy-aksies om die aansig van werwe te veranderVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
LeesmodusVolledige ondersteuningVolledige ondersteuning
Ingeboude e-posVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Ingeboude kalenderVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Ingeboude voerleserVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Visuele geskiedenis met statistiekeVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
BeelddetailinspekteurVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Aan/af beeldanimasieVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Aan/af beeldlaaiVolledige ondersteuningVolledige ondersteuning
Vry van KIVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Koppelvlak-outoversteekVolledige ondersteuningGeen ondersteuning
Werkskermmodus vir AndroidVolledige ondersteuningGedeeltelike ondersteuning

E-pos, kalender, voerleser, notas en vertaal – alles ingebou, geen uitbreidings nodig.

Laai Vivaldi af

Geen KI

In teenstelling met die meeste van ons mededingers is Vivaldi vry van voortbrengende KI-funnkies. Geen opsommingsnutsmiddels, geen kletsbots. U bly in beheer. Ons het standpunt ingeneem en verkiesen mense bo ’n bohaai.

Ons sal die vreugde van verkenning nie omsit in passiewe toeskouerskap nie. Want sonder verkenning word die web baie minder interessant. Ons nuuskierigheid verloor dan suurstof en die afwisseling van die web sterf weg.

Jón von Tetzchner - HUB, Vivaldi Technologies

Vivaldi is die toevlug vir mense wat nog wil verken. Ons sal aanhou om ’n blaaier te bou vir nuuskierige geeste, kraggebruikers, navorsers en enigeen wat outonomie waardeer.

Onbeperkte oortjies in splitskerm

Oortjiestapeling laat u meer as een blad op ’n slag bekyk, langs mekaar of in ’n rooster. Vir werk en spel — geweldig vir die vergelyk van werksaanbiedings of die kyk van meerdere Twitch-strome!

Veelvlakkige oortjiegroepe

’n Duidelike voorbeeld van ons ongeëwenaard oortjiebeheer. Sleep bloot u oortjies om dit te organiseer in oortjiegroepe. U kan dit ’n nuwe naam gee en van ’n kleur voorsien. U oortjiegroepe bly in die hoofoortjiebalk en ’n tweede vlak verskyn sodra u daarop klik, waarmee u die oortjies binne die groep kan sien.

Laat u oortjies vir u werk

Ken u die gevoel as u besig is om te blaai, ’n interessante skakel vind, daarop klik, en twintig minute later het u die oorspronklike draad verloor en het u elf oortjies oopgemaak?

Nie in Vivaldi nie. Ons Volger-oortjie maak skakels in ’n gesplitsteskermweergawe oop, en behou die oorspronklikge blad aan die linkerkant.

Beheer alles met Snelbevele

Snelbevele is Vivaldi se universele soek- en beheersentrum. Soek direk in oortjies, boekmerke, geskiedenis of die web en voer vinnig blaaierbevele uit, alles op een plek.

Laas bygewerk: Oktober 2026