Vivaldi op rekenaar

Kry ongeëwenaarde aanpassingsopsies en ingeboude funksies vir beter verrigting, produktiwiteit en privaatheid.

Download Vivaldi


Kragtig

Die superuitgebreide blaaier

Vivaldi is boordensvol met al die funksies wat u van ’n moderne blaaier verwag, maar dit het ook talle ingeboude slimnutsmiddels wat blaaiery makliker, vinniger en meer pret maak.



Privaatheid

Egte privaatheid

Ons stel glad nie daarin belang om u data te versamel of te verkoop nie. Vivaldi spoor dus geen van u gedrag na nie. Die werwe wat u besoek, wat u by die blaaier intik, u aflaaie – ons het nie toegang tot daardie data nie. Ons bewaar dit nie eens op ons bedieners nie — dit bly lokaal op u rekenaar of word geënkripteer.

As ’n bonus doen ons ons bes om ander te verhoed om dit te doen ook nog, met ons ingeboude naspporderversperder.



Slimnutsmiddels

Alles wat u wil hê - sommer ingebou

Vivaldi het al die funksies wat u van ’n moderne blaaier verwag, en meer. Stel sneltoetse vir alles in. Skep bevelkettings om ingewikkelde volgordes met ’n klik te bedryf. Vertaal teksgrepe in ’n kits. Gebruik die kieknutsmiddel om seleksies of gehele blaaie vas te vang. Organiseer ’n onbeperkte aantal oortjies in ’n verskeidenheid oortjiestapelopsies. Die keuse is uwe!

Uiterste aanpasbaarheid

Hierdie blaaier behoort aan u

Veel plesier met die superbuigbare gebruikerskoppelvlak, wysigbare nutsbalke, navigasiekortpaaie, ongeëwenaarde oortjiebeheer en meer. Met eindelose opsies kan u ’n blaaiernet vir u maak.

Verken Vivaldi se funksies
Supertoep

Die produktiwiteitsupertoep

Vivaldi is volgelaai vir produktiwiteit! Dit het vier van die gewildste produktiwiteitstoeps ingebou: ’n e-posprogram, ’n privaat kalender, ’n algoritmevrye voerleser en ’n onnaspoorbare vertaler.

Oortjienutsmiddels

Geoptimeerde oortjiebestuur

Ons bied talle intuïtiewe maniere om u toeps te organiseer en daardeur te werk.

Met oortjiestapeling kan u twee of meer blaaie langs mekaar of in ’n rooster weergee. Oortjiegroepe bied ’n handige manier om u oortjies te groepeer, met aansigopsies vir kompak, konsertina en tweevlakkig.

Daar is geen “nommerpas vir almal” nie. Spring in en verken om te vind wat vir u werk!

Lees nog

Val weg

Skakel binne 5 minute oor na Vivaldi

Oorskakeling na Vivaldi is maklik. Val vinnig weg. Dan begin die towerkuns terwyl u die hele spektrum van opsies verken, om die beste blaaierervaring te skep wat u ooit sal hê.

Ontdek waarom Vivaldi uitstaan in die skare

Vergelyk Vivaldi met ander gewilde webblaaiers en ontdek self die verskille.

Compare browsers


Vivaldi gemeenskap

Vivaldi het began as forum en het nu ’n gemeenschap van duisende. Ons lede hang rond, deel ideë en help die blaaier ontwikkel deur waardevolle terugvoer te gee.

Sluit aan by die Vivaldi-gemeenskap

Wat ander oor Vivaldi sê

Deel u gedagtes oor #vivaldibrowser

Waarskynlik die beste funksie wat Vivaldi Mail bied is die feit dat u al u e-posdienste, hetsy dit ’n Gmail, Outlook of Yahoo-rekening is, in een plek kan kombineer.

Monica J. White

Monica J. White
Digital Trends

Ek is ’n groot aanhanger van die Vivaldi-webblaaier. Dit is baie meer aanpasbaar as die meeste ander webblaaiers, en as ’n kraggebruiker is dit iets wat ek geweldig waardeer.

Adam Z Lein

Adam Z Lein
PocketNow

Maak u met plesier los van die tegnologiereuse

Download Vivaldi