Vivaldi Enterprise

’n Onafhanklike Europese blaaier wat vir u werk. Geen tegnoreuse.

Implementeer en beheer Vivaldi oor u organisasie heen. GEEN nasporing – GEEN profilering – GEEN KI toegevoeg – GEEN lisensiefooi.

Windows · macOS · Linux

Vul asb. die vorm in om Vivaldi Enterprise af te laai.

Terme en voorwaardes
Forbes “The best browser”
WIRED “Web's best browser”
TechRadar “Fantastic for power users”
Lifehacker “Packed with helpful, innovative features”

Wat kan u van Vivaldi verwag?

Powerful

Vivaldi is boordensvol met kragtige funksies waarmee u werknemers meer effektief kan werk.

Personal

Vivaldi is die wêreld se aanpasbaarste blaaier. Dit kan by u behoeftes aangepas word.

Private

Geen profilering, geen datamynwerk, saaklik. U data bly op u lokale masjien of word geënkripteer.

Alles wat u benodig.
Niks waarvoor u nie gevra het nie.

Vivaldi Enterprise
Lisensiefooi Geen
Beleidsbestuur Ja
Beheerde implementering en bywerkings Ja
Blaaieraanpassings vir organisasies Ja
Sentrale beheer met u bestaande nutsmiddels Ja
Windows, macOS, Linux Ja
Beveiligingsbywerkings op dieselfde dag Ja
Ingeboude advertensie- en naspoorderversperder Ja
Nasporing of profilering van u werknemers Nooit
KI-kletsbots of agente in die blaaier Geen
Data gebruik om AI-modelle op te lei Nooit
Toegewyde ondersteuning Pasgemaak

Die blaaier wat vir u werk.
Nie vir tegnoreuse nie.

Privaat met opset

Vivaldi spoor nie na wat mense aanlyn doen nie en bou nie profiele van hulle op nie. Ons besigheid is nie afhanklik van die insamel van data en profilering nie, dus het ons geen rede om te kyk nie.

Mense, nie KI nie, blaai deur die web

Ons dwing geen KI-kletsbots of agente in die blaaier nie. Niemand staan tussen u en die inligting wat u soek nie.

Onafhanklik en Europees

Vivaldi word in Noorweú gemaak deur ’n maatskappy wat deur sy werknemers besit word, sonder eksterne beleggers. Ons bedieners is in Ysland aangedryf deur volhoubare geotermiese energie.

’n Blaaier wat by u aan pas, nie andersom nie

Die blaaier is die enigste nutsmiddel wat almal in u organisasie gebruik, heeldag, elke dag. Waarom sal hulle dan daarrondom werk? Vivaldi kan aangepas word by die manier waarop mense werk, nie andersom nie. Wat die taak ook is, alles wat hulle benodig is binne bereik, ingerig soos hulle wil, op die plek waar hulle wil. Vivaldi is boordensvol kragtige funksies om mense te help om beter en vinniger te blaai.

Oortjiestapeling

Open oortjies in gesplitste weergawe om meerdere blaaie langs mekaar te sien.

Oortjiegroepe

Sorteer u oortjies deur dit in tweevlakoortjiestapels te groepeer. Stapels is ’n goeie manier om dinge netjies te hou wanneer u baie oortjies oop het.

Webpanele

Voeg enige webwerf tot u systaaf. ’n Goeie plek vir u kletstoeps en sosiale voere.

Werkruimtes

Organiseer u oortjies en oortjiegroepe in kategorieë en wissel maklik tussen aansigte.

Notas

Maak notas in die systaaf soos u blaai en sinchroniseer dit veilig tussen al u toestelle.

Snelkieser

Kry vinnige toegang tot u gunstelingwerwe vanaf die beginblad. U kan die ingeslote boekmerke aanpas of aangepaste snelkiesers en vouers toevoeg.

Paneel

U alles-in-een beheersentrum. U e-pos, kalender, notas, take en selfs u nuusvoerleser is alles in een plek. U kan selfs enige webwerf as ’n dingesie toevoeg.

Naspoorder en advertensieversperder

Versper opdringerige advertensies en beskerm uself teen stiekem nasporing. Die vinnige en privaat blaaier wat u verdien.

Sinchronisering

Sinchroniseer u Vivaldi-bblaaierdata veilig op meerdere toestelle.

Gebruikersprofiele

Deel ’n Vivaldi-installasie met ander gebruikers, sonder dat u meerdere installasies hoef te onderhou.

Sessiebestuur

Bewaar u huidige oop oortjies as ’n benoemde sessie en kry later weer toegang daartoe.

Bewerkbare nutsbalke

Skuif en verwyder enige items op die navigasienutsbalk, statusbalk, paneel, e-posnutsbalk, e-posopstelnutsbalk en die e-posboodskapnutsbalk.

Dieselfde blaaier, dieselfde dag.

Organisasies kry dieselfde Vivaldi as almal anders, met elke bywerking op die dag waarop dit versend word. Daar is geen afsonderlike, stadiger ondernemingsweergawe nie.

Hulpbronne

Jón von Tetzchner
HUB, Vivaldi Technologies

Veg vir ’n beter web

Ons bou ’n alternatief vir die tegnoreuse wat mense voorop stel. Geen nasporing. Geen beleggers wat u data opeis nie. Nat verantwoording verskuldig aan u. As onafhanklike Europese maatskappy hanteer ons Privaatheid nie net as ’n funksie nie. Dit is vir ons ’n filosofie.

Die web moet vry, oop en vir almal bly. Deur Vivaldi te gebruik, kies u nie net ’n blaaier nie, maar veg u saam vir ’n beter web.

Lees nog

Gereelde vrae

  • Welke beleidsjablone en platforms word ondersteun?

    Ons versprei ADMX-beleidsjablone vir Windows wat met Active Directory-, Microsoft Intune-, FleetDM- en soortgelyke MDM-oplossings (Mobile Device Management) gebruik kan word. Ons bied ook ’n JSON-beleidsjabloon vir Linux, en ’n PLIST-beleidsjabloon voor macOS.

  • Wat is die beplande omvang van aanpasbare beleide?

    Die meeste Chromium-beleide wat relevant is vir Vivaldi. Sommige belangrike Vivaldi-instellings word omgeskakel in beleide. Daar is ’n gesentraliseerde opstelling van Uitbreidings, Boekmerke, Soekenjins, die Beginblad, Sinchronisering, VPN, privaatheidsinstellings en ander blaaierfunksies deur beleidsbestuur.

  • Word MSI of ’n ander stelselwye pakket wat geskik is vir onbeheerde implementering ondersteun?

    Ons skep ’n afsonderlike MSIX-verspreiding vir beheerde implementerings en bywerkings, maar vir bevat ’n gewone Vivaldi-bou. Die enigste verskil is die outomatiese bywerkmeganisme: MSIX gebruik sy eie meganisme, wat met Windows Update geïntegreer kan word.

  • Word ’n gesentraliseerde beheerkonsole beplan en, indien wel, sal dit wolkgebaseer wees of beskikbaar wees vir implementering ter plaatse?

    Ons het nie op die oomblik planne om ons eie gesentraliseerde beheerkonsole te ontwikkel nie. Beheerkonsoles log deurgaans die blaaiergeskiedenis, wat teenstrydig is met Vivaldi se privaatheidswaardes. In plaas daarvan integreer ons met u bestaande gekose MDM-oplossing, bv. Microsoft Intune of FleetDM.

  • Wat is die lisensie- en ondersteuningsprysmodel, en geld daar ’n minimum aantal gebruikers of toestelle?

    Daar is geen betaalde lisensiemodel nie. Maar ons werk met ’n gestapelde ondersteuningsmodel, wisselend van gratis ondersteuning (gemeenskapsgebaseer) tot betaalde/kommersiële ondersteuning (standaard, premium, ondernemingsvlakke). Daar is geen minimumaantal gebruikers/toestelle nie, maar die drie betaalde/kommersiële vlakke is afhanklik van die aantal gebruikers.