Advertensieversperder – vinnig en gratis, sonder ’n uitbreiding

Met Vivaldi se geïntegreerde advertensieversperder kan u opdringende advertensies versper, webblaaie vinniger laai en u toestelle teen kwaadwillige advertensies en naspoorders beskerm. Laai Vivaldi as om vinnig en veilig te blaai – sonder uitbreidings.

Waarom ons advertensieversperder?

  • Blaai vinniger.
  • Geen uitbreidings nodig.
  • Bly aanlyn veilig en beskermd.
  • Dit is gratis. Vir altyd.

Download Vivaldi

Aktiveer advertensieversperder en blaai vinnig

  • Sonder advertensieversperder versteur aanlyn advertensies nie net u blaaiery nie, dit verhoed dat webblaaie vinnig laai.
  • Wanneer u blaaier advertensies aflaai – baniere, opwipvensters, animasies, outomatiese video-afspeel – vertraag dit u blaaiery.
  • Met advertensieversperring geaktiveer blaai u vinniger omdat webblaaier soveel vinniger laai.
  • Vivaldi se opwipblokkeerder stop advertensies sodra u ’n blad aanvra. Ons vertrou op ’n lys met bronadresse wat bekend is vir advertensieverspreiding en staak versoeke na daardie bronadresse selfs voor dit verstuur word. Op hierdie manier laai u nooit die advertensies af nie. En u gebruik minder bandwydte, SVE en geheue omdat u blaaier met advertensieversperring minder inligting verwerk – nog ’n rede om vinniger te blaai!

Ingeboude advertensieversperring is beter as om uitbreidings te gebruik

Soek u advertensieversperring direk in u blaaier? Met ons advertensieversperder hoef u geen uitbreidings te installeer om van lastige advertensies ontslae te raak nie.

Hoewel uitbreidings dikwels nuttig is, kan dit versoenbaarheidsprobleme veroorsaak. Die Vivaldi-blaaier is propvol funksies wat goed met mekaar saamwerk. Ons filosofie is om minder op derdepartye te steun.

En uitbreidings is altyd ’n opsie indien u dit sou verkies.

Vergelyk

Vivaldi-blaaier se geïntegreerde advertensieversperder tn. derdepartyuitbreidings

Vivaldi se advertensieversperder Gewone derdepartyuitbreidings

Advertensieversperring

Die meeste advertensieversperders verwyder advertensies voor dit op die webblad gelaai of vertoon word.

Ja Ja

Direk beskikbaar

Derdepartyuitbreidings is nie direk beskikbaar nie en u moet dit vanuit ’n uitbreidingswinkel na u blaaier aflaai .

Ja Nee

Veilige blaai

Uitbreidings loop in die blaaier en u moet daarom sorgvuldig kies wat u installeer.

Ja Nee

Soliede verrigting

Met baie uitbreidings kan udie verrigting van u blaaier in die gedrang kom. Hulle neem dikwels baie geheue in beslag en dien as vertraging.

Ja Nee

Naatlose gebruikerservaring

Gebruikerservaring is baie beter met ingeboude funksies. Ingeboude funksies sal altyd ’n beter, konsekwente produkgebruikerservaring bied.

Ja Nee

Bly veilig met geïntegreerde advertensieversperring

Met advertensieversperder bly u weg van naspoorders wat u privaatheid in gevaar kan bring.

Talle aanlyn advertensies gebruik dieselfde tegnologie as naspoorders. Hulle volg u op die web rond en samel waardevolle inligting in. Hulle vertrou op kodefragmente wat misbruik kan word om toegang tot sensitiewe inligting te verkry.

Voorkom dat u toestel kwaadaardige aflaaie-advertensies toon.

Sonder advertensieversperder sal u aanhou advertensies sien wat virusse en malware versprei en sodoende u data en rekenaar in gevaar stel. “Malvertering” vra u om na slenterwerwe te gaan en kwaarwillige lêers af te laai of op skakels te klik wat iets anders blyk te wees. Sommige webwerwe is meer geneig om malvertering te plaas as andere, maar webwerwe wat advertensies toon het dalk nie volle beheer oor die advertensies wat aldaar verskyn nie.

Gebruik advertensieversperring om advertensies vir kwaadwillige uitbreidings te vermy.

Derdeparty-uitbreidings loop in die blaaier en kan hul toegang gebruik om op u te spioeneer. Hou u data en toestel veilig met ons opwipversperder. Dit sal advertensies versper insluitend dié vir kwaadwillige uitbreidings.

Advertensieversperder met ingeboude privaatheid

Sommige advertensieversperringstoeps hou hul gebruikers dop, skep profiele vir hulle en verkoop hul data om inkomste te genereer en hul sakebelang te bevorder.

Toeps, insluitend advertensieversperring, het verskillende inkomstebronne.

Vivaldi-blaaier is anders. Ons ag dit ons taak om u data te beskerm. Ons het ’n advertensieversperder in Vivaldi geïntegreer om u teen die slegste tipes advertensies, dié wat u naspoor, te beveilig.

Ons spoor u nie na nie.
Ons profileer u nie.
Ons verkoop nie u data nie (ons het niks).

Vra die volgende voor u ’n keuse maak: Wat is die advertensieversperder se sakemodel?

Geniet gratis advertensieversperring

Vivaldi-blaaier se advertensieversperder is heeltemal gratis om te gebruik, geen ekstra of betaalde funksionaliteit nie.

Vanuit die staanspoor het Vivaldi meer ingeboude funksionaliteit en buigsaamheid as enige ander blaaier - en dit is alles gratis! Trek voordeel uit ons advertensieversperder!

Bly oplet

Die werwe wat u daagliks besoek sal lei sodra u advertensies versper - dit is ’n inkomstebron vir talle webwerwe.

As voorstanders van gratis internet wil ons hê dat webwerwe inkomste bly genereer.

In Vivaldi kan u besluit hoe u webwerwe wil vertoon en wat u wil hê webwerwe van u moet weet.

Ons beveel aan dat naspoorders op alle webwerwe versper word, maar om advertensieversperring slegs te aktiveer waar advertensies opdringend of steurend is.

Ter ondersteuning van u gunstelingwebwerwe en gratis inhoud op die internet, is ons aanbeveling:

  • Moenie advertensieversperring op alle webwerwe aktiveer nie.
  • Laat advertensie toe van webwerwe wat u vertrou.
  • Oorweeg dit om slegs naspoorders met die Naspoorversperder te versper. Naspoorversperring sal die slegste van alle advertensies - die naspoorders - voorkom.
  • Ondersteun webwerwe wat u gereeld besoek deur direk aan hulle te skenk.

Leer meer oor advertensieversperders

  • Wat is advertensieversperder?

    Advertensieversperders is programmatuur wat aanlyn advertensies uitfilter. Dit verseker dat advertensies nie op webwerwe vertoon word nie. Die filtrering vind in ’n blaaier plaas – deur ingeboude funksionaliteit of deur uitbreidings soos AdBlick of AdBlock Plus. Die meeste versperders en YouTube-advertensieversperders verwyder advertensies voor dit op ’n webwerf gelaai of vertoon word.

  • Hoe werk advertensieversperring

    Die meeste advertensieversperders gebruik twee tegnieke.

    Eerstens onderskep die versoeke wat u blaaier maak en vergelyk die versoekte bronadres met ’n domeinlys wat bekende advertensiebronne is. Indien die versoekte bronadres op daardie lys is, word die versoek gekanselleer en die bladsy kry nie die advertensie gelaai nie.

    Dan soek advertensieversperders na elemente op die blad waar advertensies vertoon word en versteek dit ook. Dit versper opwippe wat deur die eerste stap geglip het, en versteek ook witspasie wat deur advertensies agtergelaat is.

  • Word alle advertensies met advertensieversperring versper?

    Aangesien advertensieversperring afhanklik is van bronadreslyste wat na advertensies verwys, is dit tegnies nie moontlik om 100% van advertensies te versper nie. Die lysopstellers kan onmoontlik van elke advertensiebron op ’n gegewe tyd weet nie. Voorts verander die internet se advertensielandskap voortdurend met nuwe bronne wat bykom en oues wat verdwyn.

  • Versamel advertensieversperders u data?

    Elke toepassing benader dataversameling anders. Ons beveel aan dat u die Terme nagaan alvorens u ’n advertensieversperder aflaai. Vivaldi-blaaier se advertensieversperder spoor nie sy gebruikers na nie. Voorts voer ons ’n kampanje teen nasporing en dataversameling.

  • Hoe om advertensieversperring in Vivaldi te aktiveer?

    Die advertensieversperder is by verstek af in Vivaldi.

    Wanneer u die blaaier aflaai en installeer sal ons wat welke versperringsvlak u graag wil hê. U kan kies tussen “Geen versperring”, “Versper naspoorders” of “Versper naspoorders en advertensies”. U kan hierdie voorkeur te eniger tyd in instellings verander.

    Vivaldi se advertensieversperder laat by verstek nie toe dat advertensies op ons vennootsoekenjins getoon word nie. U kan kies om daardie advertensies te versper deur die lys “Laat advertensies van ons vennote toe” in die advertensieversperringsbronne te deaktiveer.

  • Hoe skakel ek ’n advertensieversperder af?

    U kan te eniger tyd die advertensieversperder afskakel. Gaan na Vivaldi-instellings en kies “Geen versperring”. Dit kan te eniger tyd verander word.

  • Hoe versper Vivaldi advertensies?

    Ons versper advertensies gebaseer op ’n lys van bronadresse wat berug is vir advertensieverspreiding, en deur versoeke na daardie bronadresse te stop voor dit verstuur word.

    In sy algemene ontwerp is ons advertensieversperder soortgelyk aan die meeste inhoudversperders. Dit beskik oor ’n versperenjin wat bepaal wat versper moet word.

  • Welke versperlys gebruik Vivaldi-blaaier?

    Ons gebruik die EasyList by verstek vir advertensieversperring en ons verskaf ’n verskeidenheid lokale advertensieversperringslyste wat opsioneel geaktiveer kan word. Sommige van daardie lyste is met EasyList geaffilieer.

    Ons gebruik die DuckDuckGo-naspoorderradar vir naspoorderversperring en opsioneel die bekende EasyPrivacyList.

    U kan advertensieversperringsbronne sien en bestuur deur na Instellings te gaan. Om ’n versperringsbron te aktiveer moet u die kassie voor die gelyste bron merk. Om dit te deaktiveer moet u eenvoudig die merk verwyder.

    Indien die versperringsbron wat u soek nie in die lys is nie, kan u nog bronne invoer.

  • Hoe om advertensies slegs op spesifieke webwerwe te versper?

    Sodra u op die webwerf is moet u die skildknop in Vivaldi klik en die versperringsvlak stel na “Geen versperring”, “Versper naspoorders” of “Versper naspoorders en advertensies”.

  • Hoe kan ek die aantal versperde advertensies sien?

    Met Vivaldi-blaaier se advertensieversperder kan u die aantal versperde advertensies sien deur op die skildknop links van die adresveld te klik. Maak seker dat u wel ’n versperringsvlak het, klik dan op die sklidknop om te sien presies hoeveel versper is.