’n Privaat alternatief vir Firefox met uiterste aanpasbaarheid

Vivaldi is ’n liggewig, uiters aanpasbare blaaier wat u privaatheid prioritiseer oor ons wins nie.

Download Vivaldi

Versoenbaar met Windows, macOS, Android en Linux.

Wat as u blaaier alles kon doen?

Vivaldi het baie van die functies wat u wil hê - ingebou en by verstek beskikbaar. En u kan nog meer aktiveer. Plus ’n superbuigbare gebruikerskoppelvlak, aanpasbare sneltoetse en macro’s en noodsaaklike produktiwiteitstoeps soos Mail, Kalender en Voerleser. Stel dinge in soos u daarvan hou en doen meer binne die blaaier.

Neem oortjies na ’n hoër vlak

Ons is die leier op die gebied van oortjiebestuur. Neem ons tweevlakoortjiegroepe wat dit maklik maak om die oortjie te vind wat u soek, wanneer u dit benodig. Maar daar is soveel meer om te ontdek.

Lees nog

Bekyk meerdere blaaie tegelyk

Oortjiestapeling laat u meer as een oortjie per keer sien, langs mekaar of in ’n rooster. Vir werk en speel — goed wanneer u kodeer of meerdere Twitch-strome dophou.

Leer hoe

Skep deelbare temas

Mik hoër as die gewone. Kies u aangepaste kleure, agtergronde, oortjierandafronding en ander gevorderde instellings in. Skep ’n unieke blaaierervaring en deel u resultate met die gemeenskap.

Vivaldi tema’s

Maak dit u eie

Met Vivaldi is u in beheer van hoe u blaaier lyk, voel en werk. Meng en pas instellings om u ideale blaaieropstelling te skep.

Lees nog

Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning Geen ondersteuning

Vivaldi tn. Mozilla Firefox Vivaldi Firefox
Produktiwiteit
Oortjiegroepe op twee vlakke Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Oortjiegroepe Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Onbeperkte oortjies in splitskerm Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Vrye plasing van die oortjiebalk Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Vrye plasing van die adresbalk Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Periodieke oortjieverfrissing Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Installeer webwerwe as lessenaartoeps (PWA’s) Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte makro’s Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte muisgebare Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte sneltoetse Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude fokuswekker en produktiwiteitsklok Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte toeps & werwe in die systaaf Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik) Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pousemodus Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude notas Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude e-pos Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude kalender Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Privaatheid
Ingeboude advertensieversperder Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Beskerming teen naspoorders Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Pasgemaakte versperlyste Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Veilige sinchronisering met enkripsiesleutel Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Geen nasporing & profilering van gebruikersgedrag Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude funksies
Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddel Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Privaat volbladvertaalnutsmiddel Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Uitspringvideos op enige webwerf Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Pasgemaakte deelbare temas Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Bewerkbare nutsbalke Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Versoenbaar met Chromium-uitbreidings Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Stel pasgemaakte soekenjins in Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Pas die voorkoms van blaaie aan met bladaksies Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude lesermodus Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Visuele geskiedenis met statistieke Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Beelddetailinspekteur Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Aan/af beeldanimasie Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Aan/af beeldlaai Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning

Hierdie grafiek word kwartaalliks bygewerk met die jongste weergawe-inligting, en gee moontlik nie altyd die onlangsste bywerkings weer nie.

U blaaier, u reëls

Nêrens blaai twee mense op presies dieselfde manier nie en niemand behoort hul manier van werk by ’n blaaier aan te pas nie. Duik in Vivaldi se superbuigbare gebruikerskoppelvlak, bewerkbare nutsbalke, navigasiesneltoetse, oortjie-opties en meer.

Ingebou is beter

Uitbreidings kan u blaaier vertraag en sekerheidsrisiko’s meebring. Vivaldi verlaag u afhanklikheid van derdepartytoeps. In plaas daarvan kry u inheemse nutsmiddels wat veiliger en betroubaarder is en nooi u data insamel, deel of verkoop nie. (Ons het nie eers toegang daartoe nie.)

Hoe tegnoreuse op ’n afstand

Ons het Vivaldi van die grond af opgebou met die oog op privaatheidbeskerming, sodat u deur die internet kan blaai sonder om te bekommer dat u blaaigeskiedenis deur die tegnoreuse versamel of nagespoor word.

Vertrou deur miljoene gebruikers

Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.

3 100 000+Aktiewe gebruikers
1 600 000+Gemeenskapslede
0Eksterne beleggers

Sien Vivaldi in aksie

Bekyk hierdie video om te sien hoe Vivaldi u meer gee as Firefox.

Oorskakel van Firefox na Vivaldi is vinnig en eenvoudig.

Hou Vivaldi by u

Sinchroniseer boekmerke, wagwoorde, oop oortjies en meer tussen u werkskerm- en mobiele toestelle deur by u Vivaldi-rekening in te teken. U kan dus altyd verder gaan waar u dit gelos het.

Maak u met plesier los van die tegnologiereuse

Download Vivaldi