Werk by Vivaldi

Bekyk ons vakatures en lees meer oor hoe ons by Vivaldi werk.

Vakatures

Al ons vakatures is tans gevul, maar dankie dat u navraag doen! Ons is altyd egter op die uitkyk vir supersterre – stuur vir ons ’n e-pos na [email protected] indien u een is en in Oslo of Reykjavik woon.


Liggings

Ons het (tot dusver) 25 nasionaliteite wat vanuit sewe lande in kantore in Noorweë, Ysland en die VSA werk.

Oslo, Noorweë

Ons hoofkwartier is in die hartjie van Oslo, langs ’n pragtige waterval. Dit is inderdaar ’n regte waterval, en ’n mens kan selfs Noorweegse salm in die rivier vang as dit u plesier sal verskaf.

Reykjavík, Ysland

Ons kantore in Ysland is geleë in die Innovasiehuis, ’n plaaslike broeiplek vir nuwe besighede wat deur Jon gestig is. Ons Yslandse span het asemrowende uitsigte oor die oseaan en put baie inspirasie daaruit om Vivaldi te bou.

Magnolia, VSA

Ons Amerikaanse basis is ’n kort entjie buite Boston in die Magnolia Innovasiehuis – ’n bed-en-ontbyt wat as tegnologiekern diens dien. Elke somer kom die hele span hier bymekaar vir ’n maand se krapstokkies en om kode te skryf.

Byeenkomste

Jaarliks in Junie het ons ’n groot byeenkoms in Magnolia, Massachusetts. Ons woon almal saam met ons gesinne in ’n pragtige historiese herehuis, trek verspotte klere aan en het hope pret. O ja, ons programmeer ook.

Wanneer die dae begin afkoel kom ons weer byeen – hierdie keer in Ysland. Net betyds vir die Noorderligte.

Balans

Ons weet dat die meeste mense op hul produktiefste is wanneer daar gesonde balans tussen werk- en privaat lewe bestaan. Dit laat mense doen waarvan hulle hou en hulle verantwoordelikhede buite die werk nakom. By Vivaldi het ons buigsame werkpatrone om ’n verskeidenheid werkwyses, gesinsituasies en ander verpligtinge te pas.