Hoe om Vivaldi-blaaier op Linux te integreer

Vivaldi webblaaier integreer naatloos met Linux-verspreidings. Laat u gebruikers meteens tuis voel deur Vivaldi in uwe te integreer.

Download Vivaldi Praat met Vivaldi se ontwikkelaars

Hierdie blaaier behoort aan u verspreiding

Vivaldi is nie soos ander blaaiers nie. Dit verwerp die nommerpas-vir-almal-benadering van tegnoreuse se programmatuur, en plaas die gebruiker beheer.

Alles in Vivaldi is aanpasbaar en gebou om die respekteer van die gebruiker se reg op privaatheid en veiligheid - net soos in Linux.

Die Vivaldi-blaaier is ontwerp met Linux in gedagte, nie as bysaak nie. Ons het dit gemaklik gemaak om dit met u gunsteling-Linux-verspreiding te werk, sodat u alle unieke voordele en funksies in een handige pakket kan geniet.

2,9m
Totale gebruikers
1,6m
Gemeenskapslede
12%
Linux gebruikers
2
Verspreidingsintegrasies


Twee maniere om Vivaldi te integreer

Vivaldi het twee maniere om te integreer in u verspreiding wat ultra-aanpasbare webblaaiery moontlik maak – as ’n stelselwye blaaier of deur integrasie in rekenaaromgewings.

Maak Vivaldi ’n stelselwye blaaier

Met hierdie opsie kan u van Vivaldi die stelselwye webblaaier maak vir alle gebruikers. Dit gee nuwe gebruikers van u verspreiding ’n bekende ervaring, terwyl alle voordele van Vivaldi in u verspreiding geïntegreer word.

Integrasie in die rekenaaromgewings

Hierdie opsie is ideaal vir wie ’n verspreiding wat meerdere rekenaaromgevings gebruik, beheer. In die geval kan u Vivaldi aanpas vir integrasie in elke RO, waardeur gebruikers maksimale buigbaarheid kry terwyl hulle eenvormigheid behou in hul ervaring op u verspreiding.




Laat ons Vivaldi aanpas vir u verspreiding

Of u nou ’n verspreidingsbestuurder of ’n gewone Linux-gebruiker is, Vivaldi het alles wat u benodig om die blaaier na hartelust aan te pas.

Pasgemaakte temas

Begin deur die standaardblaaiertema aan te pas. Dit is ’n goeie manier om Vivaldi die gevoel te gee dat dit by u Linux-verspreiding hoort (en ooreenkom met die styl van u verspreiding).

Of u nou op soek is na ’n manier om u kleurpalet in Vivaldi te bring of ’n kleurspat toe te voeg wat by u bestaande handelsmerk pas, ons het dit vir u.

Pasgemaakte soekenjins

Vervolgens kan u pasgemaakte soekenjins aan Vivaldi toevoeg en bepaal welke die verstek vir u verspreidingsgebruikers is.

As u byvoorbeeld DuckDuckGo as versteksoekenjin wit aanbied, kan u dit met hierdie metode doen.

Pasgemaakte boekmerke

Ten slotte kan u pasgemaakte snelkiesers of boekmerke toevoeg, sodat gebruikers gemaklik toegang het tot die webwerwe wat belangrik is vir u verspreiding.

Indien boekmerkversamelings spesiaal vir u Linux-verspreiding geskep is, sal dit op die beginblad en in enige voorafbestaande boekmerkvouers beskikbaar wees.




Geliefd deur almal, van verspreidingsbestuurders tot gewone Linux-gebruikers

In our repos, Manjaro always provides the very latest version of Vivaldi, and thanks to direct developer contact we are now also able to include matching default themes for our editions.
Co-CEO of Manjaro GmbH & Co. KG, Bernhard Landauer

Siôn Hughes@sionwhughes

Replying to @jonsvt and @vivaldibrowser
Keep up the great work. As a Linux user in a Microsoft heavy technology company, I use Vivaldi a LOT for Teams, Outlook Email & Calendar, and it all just works so much better than it did in Firefox.

🌈Pavan { Full Stack Dev }@PavanGayakwad

@vivaldibrowser I am surprised to find your in-browser email client so much better than the #Linux email clients I have tested so far, specially the conversation view 🙌 and the quick commands makes is such an ease! you guys nailed it!

Panos Sakalakis@meymigrou

Replying to @ManjaroLinux
For me @vivaldibrowser is my first stop whenever I install any distro (mostly Manjaro). It's private, has tons of customizations options, you can modify it as you feel, and looks beautiful in both Gnome & KDE.

The Uncle Mez 🇨🇬@TheUncleMez

Replying to @vivaldibrowser
Good achievement ! Someone on a known #Linux project said:
Best way to survive Firefox!
sudo eopkg install vivaldi-stable
sudo eopkg install vivaldi-snapshot
😉😉😉

bernhardhimself@bernhardhimself

The team at @vivaldibrowser are always innovating and improving. If you haven't tried their browser yet, you are definitely missing out.

ArgFanZA@OtsM8

Replying to @vivaldibrowser
I love Vivaldi its my go to browser on Linux most of my work is done in the browser I even code using #SapWebIde so the browser is my most important app choice #IChooseVivaldi




Waarom Vivaldi perfek is vir Linux

Aanpasbaarheid tot in die fynste

Vivaldi is die blaaier waarmee u ’n werkvloei kan skep wat uniek is aan u, met pasgemaakte sneltoetse, gebare en pasgemaakte kieslyste. Pas die posisie, grootte en voorkoms van die gebruikerskoppelvlakelemente van die blaaier aan sodat dit presies werk soos u wil.

Standaardfunksies

Linux-gebruikers is divers van aard, maar daar is een ding waaroor ons nog altyd saamstem: standaardfunksies is belangrik. Daarom hebt ons Vivaldi volgeprop met funksies wat Linux-gebruikers aanspreek en dit ’n goeie keuse maak vir enigeen wat hul blaai-ervaring tot in die fynste detail wil beheer.

ARM-ondersteuning

Vivaldi hanteer alle Linux-gebruikers as eersteklas burgers en sorg daarvoor dat almal voordeel kry uit die nuutste blaaierfunksies en verbeterings. Daarom is ons trots daarop om een van die min Linux-blaaiers te wees wat op ARM-verwerkers werk. Dit is beskikbaar in DEB- of RPM-pakkette, dus u kan dit op enige Linux-verspreiding wat u wil, installeer.

Privaatheidgefokus

Vivaldi is gebou met privaatheid en veiligheid as prioriteit. Ons glo dat onnodige data-insameling gevaarlik is, dus volg of profileer ons u nie. In plaas daarvan fokus ons daarop om ’n blaaier te bou wat aan u die beheer gee!




Ons visie

Van nommerpas vir almal tot uitsteste aanpasbaarheid

Ons glo diep in vryheid van keuse, daarom het ons ’n Linux-blaaier gemaak vir elke smaak - van diegene wat ’n meer tradisionele blaai-ervaring soek met ’n vertroude voorkoms en gevoel tot diegene wat liewer iets meet eksperimenteel en uniek soek.

Jon Stephenson von Tetzchner, Vivaldi CEO.





Oor Vivaldi

Ons waardes in aksie

Om kontact met ons gemeenskap te hou is belangrik om die Vivaldi-gees lewend te hou. Om nie eers die bou van die beste moontlike blaaier te noem nie. Ons gebruik ons platform ook om positiewe neigings te deel of om ons uit te spreek oor skadelike praktyke wat u - en die samelewing as geheel - in gevaar kan bring.

Oor Vivaldi

Vivaldi se span in Ysland

Privaatheid is nie dood nie

U het keuses tussen blaaiers en soekenjins

Lees nog

Waarom kies vir Vivaldi Social, ons bediener op Mastodon?

Want dis nie ’n voëltjietoep nie! 😉 Dit is ’n gedesentraliseerde sosiale netwerk sonder algoritmes wat u gebruikspatroon versamel. Geen advertensies. Geen inbreuk op privaatheid. Bloot ougat.

Vivaldi Sosiaal

Wat is ons standpunt oor kriptovaluta?

Weg van die opwinding het virtuele valuta baie reële nagevolge vir mense, gemeenskappe en die omgewing.

Lees nog

Al ooit die gevoel gekry dat u dopgehou word?

Dit is tyd om nee te sê vir profilering en waarneming-gebaseerde advertensies.

Lees nog

Maak u met plesier los van die tegnologiereuse

Download Vivaldi