Klaar met Opera?
Sê hallo vir Vivaldi.

Vivaldi is ’n uiters aanpasbare Opera-blaaier-alternatief wat u privaatheid prioritiseer bo ons wins.

Download Vivaldi

Versoenbaar met Windows, macOS, Android en Linux.

Uiterste aanpasbaarheid. Beter privaatheid. Vinniger blaaiery

Ons glo dat u beheer moet hê oor hoe u blaaier lyk, voel en werk. Met Vivaldi kan u instellings aanpas en nuwe funksies ontdek om u produktiwiteit te verhoog en die blaaier van u drome te skep. Alles sonder kommer oor privaatheid.

Bestuur oortjies professioneel

Vivaldi is nie tevrede om net ’n paar oortjiebestuuropsies te bied nie. Ons wil dit alles hê! Ruk u oortjies handuit? Probeer tweevlakoortjiegroepe en voorkom die soektog.

Lees nog

Slaan die heen-en-weer oor

Met oortjiestapeling kan u meer as een blad tegelyk langs mekaar of in ’n rooster bekyk. Goed vir die vergelyk van aanbiedings, die volg van nuus of die bekyk van meerdere Twitch-strome.

Leer hoe

Gee u blaaier persoonlikheid

Mik bo die gewone. Skep met aangepaste kleure, agtergronde, oortjierandafronding en ander gevorderde instellings, ’n blaai-ervaring wat uniek aan u is.

Vivaldi tema’s

Gee u produktiwiteit ’n hupstoot

Snel deur u taaklys met Vivaldi se navigasieopsies, aanpasbare gebruikerskoppelvlak en ingeboude gevorderde funksies. Kry meer gedoen - met meer plesier.

Lees nog

Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning Geen ondersteuning

Vivaldi vs. Opera Vivaldi Opera
Produktiwiteit
Oortjiegroepe op twee vlakke Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Oortjiegroepe Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Onbeperkte oortjies in splitskerm Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Vrye plasing van die oortjiebalk Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Vrye plasing van die adresbalk Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Periodieke oortjieverfrissing Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Installeer webwerwe as lessenaartoeps (PWA’s) Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Pasgemaakte makro’s Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte muisgebare Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Pasgemaakte sneltoetse Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Ingeboude fokuswekker en produktiwiteitsklok Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pasgemaakte toeps & werwe in die systaaf Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik) Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Pousemodus Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude notas Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude e-pos Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude kalender Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Privaatheid
Ingeboude advertensieversperder Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Beskerming teen naspoorders Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Pasgemaakte versperlyste Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Veilige sinchronisering met enkripsiesleutel Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Geen nasporing & profilering van gebruikersgedrag Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude funksies
Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddel Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Privaat volbladvertaalnutsmiddel Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Uitspringvideos op enige webwerf Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Pasgemaakte deelbare temas Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Bewerkbare nutsbalke Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Versoenbaar met Chromium-uitbreidings Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Stel pasgemaakte soekenjins in Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Pas die voorkoms van blaaie aan met bladaksies Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude lesermodus Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Visuele geskiedenis met statistieke Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning
Beelddetailinspekteur Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Aan/af beeldanimasie Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Aan/af beeldlaai Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning

Hierdie grafiek word kwartaalliks bygewerk met die jongste weergawe-inligting, en gee moontlik nie altyd die onlangsste bywerkings weer nie.

Vertrou deur miljoene gebruikers

Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.

3 100 000+Aktiewe gebruikers
1 600 000+Gemeenskapslede
0Eksterne beleggers

Hierdie blaaier behoort aan u

Om te blaai is persoonlik, daarom benodig u ’n blaaier wat by u behoeftes aanpas. Met Vivaldi se buigbare koppelvlak en uitgebreide ingeboude opsies en funksies, kan u instellings meng en pas om u ideale blaaieropstelling te skep.

Sien Vivaldi in aksie

Kyk na hierdie video om te sien hoe Vivaldi meeding met Opera.

Oorskakel van Opera na Vivaldi is vinnig en eenvoudig - en is die moeite werd.

Geen nasporing toegelaat

Vivaldi onderskei hom van blaaiers wat u data wil versamel en geld daaruit maak. Ons het geen idee wie u is of wat u aanlyn doen nie. En met ons ingeboude nasporings- en advertensieversperder doen ons ons bes om te voorkom dat ander u naspoor.

Neem Vivaldi oral saam

Sinchroniseer boekmerke, wagwoorde, oop oortjies en meer tussen u werkskerm- en mobiele toestelle deur by u Vivaldi-rekening in te teken. U kan dus altyd verder gaan waar u dit gelos het.

Maak u met plesier los van die tegnologiereuse

Download Vivaldi