Vivaldi to. Safari
Die twee maatskapye agter hierdie blaaiers is totaal verskillend as het gaam oor etiek en waardes. Vivaldi veg vir wat die beste is vir die web, terwyl Apple steeds nuwe maniere vind om hul hekwagtersfunksie te benut om hul mag te vergroot en die vrye web te beperken.
Vivaldi word deur sy werknemers besit, het geen eksterne beleggers nie en is in Europa gebaseer. Apple is een van die groot tegnoreuse van die VSA en kry $20 miljard per jaar by Google om Google-soek as die versteksoekenjin in Safari te verskeep.
Safari word deur webontwikkelaars algemeen beskou as “die nuwe Internet Explorer 6” vanweë blaaierfoute en diestadige aanvaarding van webstandaarde. As dat nog nie genoeg rede is om oor te skakel is nie, laat ons dan die funksieverskille tussen die twee blaaiers van nader beskou.
Produktiwiteit
Vivaldi is die wêreld se aanpasbaarste blaaier. Waarom is dit belangrik vir u produktiwiteit? Maklik. Dit beteken u kan Vivaldi laat werk net soos u dit wil hê.
Elkeen gebruik sy blaaier om iets gedoen te kry: werk, studie, inkopies, navorsing of bloot vir vermaak. Vivaldi is vol handige funksies om afleiding te minimaliseer en u te help om die taak effektief af te rond.
Met ongeëwenaarde oortjiebeheerfunksies, talle aanpasbare sneltoetse en kragtige ingeboude nutsmiddels, kan u meer gedoen kry en dit tegelykertyd geniet.
Volledige ondersteuning
Gedeeltelike ondersteuning
Geen ondersteuning
| Funksies | ||
|---|---|---|
| Oortjiegroepe op twee vlakke | ||
| Oortjiegroepe | ||
| Onbeperkte oortjies in splitskerm | ||
| Vrye plasing van die oortjiebalk | ||
| Vrye plasing van die adresbalk | ||
| Periodieke oortjieverfrissing | ||
| Installeer webwerwe as lessenaartoeps (PWA’s) | ||
| Pasgemaakte makro’s | ||
| Pasgemaakte muisgebare | ||
| Pasgemaakte sneltoetse | ||
| Pomodoro-tydtoestel | ||
| Moet-doen-lys | ||
| Pasgemaakte toeps & werwe in die systaaf | ||
| Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik) | ||
| Pousemodus | ||
| Ingeboude notas | ||
| Ingeboude e-pos | ||
| Ingeboude kalender | ||
| Werkruimtes |
Vivaldi loop voor op oortjiebestuur en produktiwiteit – met unieke ingeboude funksies wat dit laat uitstaan bo die skare.
Privaatheid
Die meeste blaaiers beweer dat hulle u privaatheid beskerm, maar hulle bedryfsmodelle hang dikwels af van ’n sekere vorm van profilering of bewaking.
By Vivaldi wys ons hierdie praktyke af en glo ons dat wat u met u blaaier doen u saak is en niemand anders s’n nie. Ons gee aan u die middels wat u benodig om uself te beskerm teen die nuuskierige blikke van tegnoreuse, soos ’n ingeboude advertensie- en naspoorderversperder met aangepaste lyste, Proton VPN en eind-tot-eind-geënkripteerde datasinchronisering. Met Vivaldi is u in beheer!
Volledige ondersteuning
Gedeeltelike ondersteuning
Geen ondersteuning
| Funksies | ||
|---|---|---|
| Ingeboude advertensieversperder | ||
| Beskerming teen naspoorders | ||
| Pasgemaakte versperlyste | ||
| Veilige sinchronisering met enkripsiesleutel | ||
| Geen nasporing & profilering van gebruikersgedrag | ||
| Gratis onbeperkte VPN | ||
| Europees | ||
| Data in Europa bewaar |
Privaat by verstek: geen profilering, geen dataverkope, met ingeboude naspoorder- en advertensieversperder en ’n gratis VPN deur Proton.
Ingeboude funksies
By Vivaldi is ons doel om aan u ’n blaaier te bied met alle benodigde funksies ingebou. Ons leuse is ‘’n blaaier wat by u aanpas, nie andersom nie’, en omdat elkeen verskillende behoeftes en voorkeure het, beteken dit ’n blaaier boordensvol kragtige ingeboude funksies.
As wat u benodig op die een of ander manier nog nie in Vivaldi is nie, kan u uitbreidings installeer vanuit die Chrome Webwinkel (dit werk ook goed in Vivaldi!), of na ons Forum kom en ’n funksieversoek indien. Ons lewe van gebruikersterugvoer: so ontwikkel en groei ons, omdat ons geen aandeelhouers of beleggers het wat toutjies trek nie.
Vivaldi het die funksies wat u soek én die funksies wat u nie geweet het u benodig nie, maar waar u nie sonder kan nie.
Volledige ondersteuning
Gedeeltelike ondersteuning
Geen ondersteuning
| Funksies | ||
|---|---|---|
| Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddel | ||
| Privaat volbladvertaalnutsmiddel | ||
| Uitspringvideos op enige webwerf | ||
| Pasgemaakte deelbare temas | ||
| Bewerkbare nutsbalke | ||
| Volledig versoenbaar met Chromium-uitbreidings | ||
| Pasgemaakte soekenjins | ||
| Bladsy-aksies om die aansig van werwe te verander | ||
| Leesmodus | ||
| Ingeboude e-pos | ||
| Ingeboude kalender | ||
| Ingeboude voerleser | ||
| Visuele geskiedenis met statistieke | ||
| Beelddetailinspekteur | ||
| Aan/af beeldanimasie | ||
| Aan/af beeldlaai | ||
| Vry van KI | ||
| Koppelvlak-outoversteek | ||
| Werkskermmodus vir Android |
E-pos, kalender, voerleser, notas en vertaal – alles ingebou, geen uitbreidings nodig.
Geen KI
In teenstelling met die meeste van ons mededingers is Vivaldi vry van voortbrengende KI-funnkies. Geen opsommingsnutsmiddels, geen kletsbots. U bly in beheer. Ons het standpunt ingeneem en verkiesen mense bo ’n bohaai.
Ons sal die vreugde van verkenning nie omsit in passiewe toeskouerskap nie. Want sonder verkenning word die web baie minder interessant. Ons nuuskierigheid verloor dan suurstof en die afwisseling van die web sterf weg.
Jón von Tetzchner - HUB, Vivaldi Technologies
Vivaldi is die toevlug vir mense wat nog wil verken. Ons sal aanhou om ’n blaaier te bou vir nuuskierige geeste, kraggebruikers, navorsers en enigeen wat outonomie waardeer.
Onbeperkte oortjies in splitskerm
Oortjiestapeling laat u meer as een blad op ’n slag bekyk, langs mekaar of in ’n rooster. Vir werk en spel — geweldig vir die vergelyk van werksaanbiedings of die kyk van meerdere Twitch-strome!
Veelvlakkige oortjiegroepe
’n Duidelike voorbeeld van ons ongeëwenaard oortjiebeheer. Sleep bloot u oortjies om dit te organiseer in oortjiegroepe. U kan dit ’n nuwe naam gee en van ’n kleur voorsien. U oortjiegroepe bly in die hoofoortjiebalk en ’n tweede vlak verskyn sodra u daarop klik, waarmee u die oortjies binne die groep kan sien.
Laat u oortjies vir u werk
Ken u die gevoel as u besig is om te blaai, ’n interessante skakel vind, daarop klik, en twintig minute later het u die oorspronklike draad verloor en het u elf oortjies oopgemaak?
Nie in Vivaldi nie. Ons Volger-oortjie maak skakels in ’n gesplitsteskermweergawe oop, en behou die oorspronklikge blad aan die linkerkant.
Beheer alles met Snelbevele
Snelbevele is Vivaldi se universele soek- en beheersentrum. Soek direk in oortjies, boekmerke, geskiedenis of die web en voer vinnig blaaierbevele uit, alles op een plek.
Gereelde vrae
-
Steun Vivaldi uitbreidings?
Ja. Ons het baie ingeboude funksionaliteit, dus het u uitbreidings waaraan u gewoond was dalk nie nodig nie, maar as u dit tog benodig, kan u dit vanuit die Chrome Webwinkel aflaai. Terwyl Vivaldi en Safari verskillende uitbreidingswinkels gebruik, vind u wel vergelykbare weergawes van die gewildste Apple-uitbreidings (en nog vele meer).
-
Kan ek my Safari-wagwoorde na Vivaldi invoer?
Ja, u kan u Safari-wagwoorde na Vivaldi invoer. Vivaldi kan nie die sleutelhouer direk lees nie, dus sal u dit handmatig moet invoer. U moet dit eers in Safari se wagwoordinstellings as ’n CSV-lêer uitstuur, dan kan u die CSV na Vivaldi se wagwoordbestuurder invoer.
-
Hoe werk wagwoorde in Vivaldi in vergelyking met Safari?
Vivaldi behou sy eie afsonderlike, geënkripteerde wagwoordbestuurder eerder as om gebruik te maak van Apple se Sleutelhouer of Kontakte-toep. Dit maak Vivaldi se wagwoorde deur sinchronisering oordraagbaar tussen verskillende bedryfstelsels.
-
Waarom laat Safari me nie toe om die Vivaldi-blaaier af te laai nie?
Dit is waarskynlik ’n sekuriteitspor van macOS. Safari en macOS waarsku u voordat u ’n toep wat buite die toepwinkel afgelaai is, oopmaak. Vivaldi is ’n ondertekende, notarieel bekragtigde Mac-toep dus kan u soos normaal die aflaai deur Safari (of deur Stelselinstellings > Privaatheid & Sekuriteit) toelaat.
Vergelyk Vivaldi met ander blaaiers
Laas bygewerk: Oktober 2026

