Produktiwiteit. Privaatheid. Ingeboude funksies.
Die top 6-blaaiers in direkte vergelyking .
In hierdie gids vergelyk ons Vivaldi met Firefox, Chrome, Opera, Safari en Edge om u te help om ’n ingeligte besluit te neem.
’n Blaaier bied u volledige toegang tot die internet
Snelheid, bruikbaarheid en veiligheid is belangrike faktore wanneer webblaaiers vergelyk word. Om die beste webblaaier in 2023 te kies vereis egter meer faktore waarmee rekening gehou moet word.
Volgens Statcounter kies die meeste gebruikers Google Chrome, Safari en Firefox. Maar wat as u op soek is na iets anders, iets wat u voorop stel?
Vrees nie, ons het dit al uitgesoek! Ons het Vivaldi, Google Chrome, Firefox, Safari, Opera en Edge getoets om u te help om die beste blaaier wat aan u vereistes voldoen, te vind.
Welke blaaier is die beste vir produktiwiteit?
Het u al ooit gewonder welke blaaier u help om taakgerig te bly, of meer - vinniger - gedoen te kry deur u werkvloei vaartbelyn te maak? Hierdie vergelyking sal help om die misterie op te los - en meer.
Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning Geen ondersteuning
Beste blaaiers vir produktiwiteit | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Oortjiegroepe op twee vlakke | ||||||
Oortjiegroepe | ||||||
Onbeperkte oortjies in splitskerm | ||||||
Vrye plasing van die oortjiebalk | ||||||
Vrye plasing van die adresbalk | ||||||
Periodieke oortjieverfrissing | ||||||
Installeer webwerwe as lessenaartoeps (PWA’s) | ||||||
Pasgemaakte makro’s | ||||||
Pasgemaakte muisgebare | ||||||
Pasgemaakte sneltoetse | ||||||
Ingeboude fokuswekker en produktiwiteitsklok | ||||||
Pasgemaakte toeps & werwe in die systaaf | ||||||
Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik) | ||||||
Pousemodus | ||||||
Ingeboude notas | ||||||
Ingeboude e-pos | ||||||
Ingeboude kalender |
Beslissing: Vivaldi is die beste blaaier vir produktiwiteit.
Hierdie grafiek gee ’n oorsig van welke blaaiers u help om produktief te bly terwyl u blaai. Maar dit hang van baie faktore af en wissel van persoon tot persoon.
Aangesien baie van ons ’n groot deel van ons dag in ’n blaaier deurbring, kan dit frustrerend word as die blaaier ons vertraag.
Oortjiebestuur is ’n ander belangrike faktor wat die aanlyn produktiwiteit beïnvloed. U moet soveel oortjies kan oopmaak as wat u wil. Maar as u wil kan werk of bloot effektiewer wil blaai, hoe meer opsies vir oortjiebestuur, hoe beter.
Voorby is die dae van blaaiers wat net inhoud lewer. Blaaiers staan sentraal in die moderne werk, en hoe ons daarmee omgaan kan ons produktiwiteit baie beïnvloed. Om produktiwiteit te maksimaliseer, is dit belangrik om te sorg dat die blaaier wat u gebruik u op eenvoudige wyse help om u werkvloei te bestuur.
Welke blaaier is die beste vir privaatheid?
Om nagespoor te word is grieselig. Maar u kan u sigbaarheid verminder deur die juiste webblaaier te kies. Een wat nie u gedrag naspoor nie, u blaaigeskiedenis privaat hou en u data beskerm teen nuuskierige naspoorders. Ongeag waarom u privaatheid waardeer, maak sommige blaaiers dit makliker as ander om dit te bewaak.
Beste blaaiers vir privaatheid | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Ingeboude advertensieversperder | ||||||
Beskerming teen naspoorders | ||||||
Pasgemaakte versperlyste | ||||||
Veilige sinchronisering met enkripsiesleutel | ||||||
Geen nasporing & profilering van gebruikersgedrag |
Beslissing: Vivaldi is die beste webblaaier vir privaatheid.
Die manier waarop mense die internet gebruik, het die afgelope jare drasties verander. Talle webwerwe volg wat hul besoekers aanlyn doen. Hierdie nasporing word soms afgemaak as nodig om ’n “verpersoonlikte ervaring” te bied, maar dit is ’n feit dat dit gebruik word om gebruikersprofiele te bou. Hierdie gebruikersprofiele kan verkoop en gebruik word om geteikende advertensies en ander inhoud aan te bied op grond van u aanlyn gedrag.
Daarom is snelheid en gemak nie meer die belangrikste faktore by die kies van ’n webblaaier nie - u moet ook nagaan hoeveel data dit oor u insamel.
Een van die beste maniere om u data te beskerm, is om ’n privaatheidvriendelike webblaaier soos Vivaldi te gebruik, wat ingeboude nasporingsbeveiliging het en ’n stren ‘volg nie na nie’-filosofie. U data is uwe en ons het geen belang daarby om dit in te samel nie.
Welke blaaier is die mees aanpasbare?
Blaaiermakers probeer mekaar altyd oortref as dit kom by nuwe funksies. Vandag bevat die meeste blaaiers talle funksies vir werk, speletjies, inkopies, netwerk en meer. Maar welke bied die meeste? Kom ons vind uit.
Blaaiers met die beste ingeboude funksies | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddel | ||||||
Privaat volbladvertaalnutsmiddel | ||||||
Uitspringvideos op enige webwerf | ||||||
Pasgemaakte deelbare temas | ||||||
Bewerkbare nutsbalke | ||||||
Versoenbaar met Chromium-uitbreidings | ||||||
Stel pasgemaakte soekenjins in | ||||||
Pas die voorkoms van blaaie aan met bladaksies | ||||||
Ingeboude lesermodus | ||||||
Visuele geskiedenis met statistieke | ||||||
Beelddetailinspekteur | ||||||
Aan/af beeldanimasie | ||||||
Aan/af beeldlaai |
Beslissing: Vivaldi is die funksierykste, mees aanpasbare webblaaier.
Welke blaaier u ook verkies, die kans is groot dat dit baie funksionaliteit bied. Dit is waar dat vir elke funksie wat Firefox, Opera en Safari bied, daar waarskynlik ’n Chromium-uitbreiding is wat dieselfde funksionaliteit kan toevoeg.
Uitbreidings kan u blaaier vertraag en bring veiligheidrisiko mee. Ons beveel ten sterkste aan dat u die gebruik van derdeparty-uitbreidings beperk en gebruik te maak van nutsmiddels wat veilig, betroubaar en ingebou is. Die Vivaldi-blaaier het baie nutsmiddels ingebou wat nie u rekenaar vertraag of stiekem u data steel nie.
Beslissing
In hierdie toetsvergelyking is Vivaldi die duidelike keuse. Met ’n uiters aanpasbare gebruikerskoppelvlak, waansinnig goeie oortjiebestuurfunksies, veilige en betroubare ingeboude toeps en die beste privaatheid aanlyn, is dit maklik om te sien waarom Vivaldi die nuwe goudstandaard is vir webblaaiers.
Ongeag die blaaier wat u kies, moet u dit reëlmatig bywerk en periodiek nagaan vir virusse om te voorkom dat veiligheidsgapings misbruik word deur krakers of malware. Bowendien moet u u bedryfstelsel bygewerk hou om die algehele beveiliging van u rekenaar te behou.