’n Gratis arkadespelreeks van Vivaldi.

Download Vivaldi

Vivaldia 1 is slegs beskikbaar deur die Vivaldi-blaaier.

Speel Vivaldia 2

Vivaldia 2 is ook beskikbaar op Steam.

Vivaldia game video

Alles was rustig totdat op ’n dag…

Vivaldi ontwaak en ontdek dat haar vreedsame stad oorgeneem is deur boosaardige masjiene wat almal se identiteite wil steel en mense in syfers wil verander. Indien die mense nie terug veg nie, lyk die toekoms somber.

Vivaldia word gekonfronteer met teëspoed. maar oorkom dit en durf die vyand aan. Sy veg om die mense van die stad te red.

Al ryende op haar kibernetiese ninja-eenwielfiets genaamd CyclePunk ontglip en uitoorlê Vivaldia die groot bose masjiene. Dit lyk by tye na ’n onmoontlike stryd om te wen, maar met waagmoed en krag triomfeer sy. Die boosheid word oorwin en die mense kan hul stad en toekoms terugkry. Vivaldia het die mense se harte gewen.

Download Vivaldi
Vivaldia game video

Die verhaal duur voort…

Vivaldia word na ’n verlore vallei vervoer waar sy haar stryd teen die bose moet voortsit. Sy vertrek op ’n spannende avontuur en kom teen robots en prehistoriese dinosouriërs te staan, waar sy ’n nuwe wêreld moet red en hierdie keer uit die kloue van die bose Robotheerser.

Teenoor meedoënlose robotvyande en navigerend deur digte en gevaarlike oerwoude, verskroeiende lawavelde en verraderlike moerasse, blyk Vivaldia opnuut voor ’n onmoontlike uitdaging te staan.

Die lot van die land is in haar hande - is Vivaldia teen die situasie opgewasse?

Speel Vivaldia 2

Laai die Vivaldia-tema af

Die beste blaaier vir spelers

Vivaldi is boordensvol met al die funksies wat u van ’n moderne blaaier verwag, maar dit het ook talle ingeboude slimnutsmiddels wat blaaiery makliker, vinniger en meer pret maak.

Download Vivaldi Lees nog

Ontmoet die ontwikkelaars

Vivaldi is ’n trotse vennoot van Porcelain Fortress, ’n spelontwikkelingsmaatskappy van Reykjavík, Ysland. Porcelain Fortress put inspirasie uit die arkadespele en konsoles van vervloë dae. Hulle bou nuwe en opwindende ervaringe vanuit daardie wortels met die tegnologie van môre.

Die span van Porcelain Fortress is gebore en getoë in die lewendige dekades van die jare 80 en 90 en ons deel almal ’n kollektiewe nostalgie na die gepiekselleerde magie van daardie tyd. Die eerste Vivaldia-spel is geïnspireer deur Atari-spele soos Pitfall en Jungle Hunt, maar vir die vervolg wou ons ’n ode bring aan DOS-deelwarespele en die ou Sega- en Nintendo-konsolespele wat ons in ons jeug gespeel het.

Oor Vivaldi

Vivaldi is ’n kragtige, persoonlike en buigsame blaaier wat by u aanpas, nie andersom nie.

Met ’n buigbare en volledig aanpasbare koppelvlak streef ons daarna om die beste internetervaring op enige toestel te bied en dek ons tans platforms soos Windows, Mac, Linux, Raspberry Pi, iOS, Android en Android Automotive.

Ons bou produkte en dienste met twee grondbeginsels: privaatheid is ’n verstek en alles is ’n opsie. In die praktyk beteken dit die bou van programmatuur wat gebruikers se privaatheid beskerm, maar ook nie naspoor hoe dit gebruik word nie. Dit glo dat private en veilige programmatuur die reël moet wees, nie die uitsondering nie.