Die een blaaier wat almal oortref!

Waarom sou u verlief neem met alles behalwe die beste?

Download Vivaldi

Soos genoem in

TechRadar The Verge WIRED Brett In Tech PC World

Bekyk meerdere strome tegelyk

Met Vivaldi kan u maklik meerdere Twitch-strome tegelyk in u webblaaier bekyk. Stapel bloot meerdere Twitch-oortjies en aanskou die magie.

Laat oortjies hiberneer om geheue te spaar

Honderde oop oortjies kan lastig wees (vir u rekenaar en u gemoedsrus. Laat oortjies (of oortjiegroepe) hiberneer om die oortjies te laat slaap tot u dit benodig.

Kitstoegang tot u gunstelinge

Die sypaneel is u getroue kameraad, altyd paraat, gereed om direkte toegang te bied tot enige werf wat u benodig. Twitch-klets, Spotify, Instagram, nuusblad of dalk wil u die weer sien as iemand sê “kyk by die venster uit”, enige werf kan toegevoeg word.

Pasgemaakte bevelkettings

Stel ’n groep bevele op wat in ’n reeks uitgevoer moet word om u sessies te versnel. Aangepaste bevelkettings kan aan pasgemaakte nutsbalkknoppe toegewys word.

Organiseer u sake

Groepeer oortjies en oortjiegroepe in verskillende werkruimtes volgens kategorie. Met ’n klik kan u direk in ’n venster van aansig wissel. Bly georganiseerd en onderdruk afleiding.

Pasgemaakte temas

Dit is ware verpersoonliking. Pas Vivaldi aan met ’n pasgegemaakte tema om by u styl te pas. Feitlik alles kan aangepas word, met ’n superbuigbare gebruikerskoppelvlak, wysigbare nutsbalke en navigasiesneltoetse. Met tallose opsies pas Vivaldi by u aan.

Ander funksies wat u sal geniet

Naspoorder- en advertensieversperder

Beskerm uself teen werwe wat u oor die internet volg en persoonlike inligting insamel en slaan advertensies oor wat u vertraag. Geniet ’n skoner, vinniger blaaier.

Uitwip video

Speel video’s af in ’n swewende venster, sodat u kan bly kyk terwyl u werk of speel.

Razer Chroma

Kombineer Vivaldi op Windows met Razer Chroma om blaaiery meeslepender en persoonliker te maak.

“U gebruik waarskynlik nie die web se beste blaaier nie.”

Scott Gilbertson
Senior writer, WIRED

Neem alles met u mee

Voer boekmerke, wagwoorde, blaaigeskiedenis en notas vanuit u ou blaaier in wanneer u na Vivaldi oorskakel. Slegs ’n paar klikke en u is gereed om weg te val.

Vivaldi-spel

Saam met ons vriende van Porcelain Fortress het ons ’n ooskool-arkadespelreeks genaamd “Vivaldia” geskep. Vivaldia 1 is die kragtigste spel beskikbaar in ’n webblaaier. Vir u vermaak en ook sonder internetverbinding.

Speel die Vivaldia-spel

Is speler 1 gereed?

Download Vivaldi