Ons spoor u nie na nie. Niks, nul, zilch.

Talle werwe wat u besoek wil soveel inligting oor u as moontlik insamel. Waarom? Om hul sake te bevorder. Talle skeppers van blaaiers het dieselfde idee. Verras?

Toeps monitor gebruikers, skep profiele en verkoop data aan adverteerders teen ’n wins. Dit is die koste van die gebruik van hul “gratis” dienste.

Maar nie Vivaldi nie. Ons het eerlikwaar geen nut vir u data nie.

Die werwe wat u besoek, wat u in die blaaier tik, u aflaaie – ons het geen belang en geen toegang tot die data nie. Dit word òf op u rekenaar bewaar, òf geënkripteer.

Ons het geen data om te verkoop nie.

Kom ons wees eerlik. Dit sal natuurlik lekker wees om data te hê oor hoe u Vivaldi gebruik (soos wat u gunstelingeienskappe is). Maar in plaas daarvan om dit op grieselige wyse na te spoor, dink ons dis beter om u direk te vra. Dis laf, ons weet.

Hoe tel ons sonder nasporing

Soos elke maatskappy moet ons weet hoeveel gebruikers ons daar buite het (dit is nodig om in bedryf te bly).

Ons het vir ’n tyd staatgemaak op ’n unieke gebruikertelversoek wat op u rekenaar bewaar was. Dit sê eenvoudig vir ons “Dit is dieselfde gebruiker wat ons al getel het”.

Maar ons faseer dit uit. Selfs dit is te veel inligting vir ons. Ons soek niks “unieks” wat van u rekenaar af kom nie.

Op die oomblik werk ons aan ’n nuwe implementering. Dit vereis baie kodering, maar ons sal dit kan doen.

Ons skryf die blaaier-deel van daardie kode in C++ sodat ons dit met ons bronkode kan publiseer en u kan toesien dat dit doen wat dit sê.

Ons knot die IP’s wat ons van die telversoek kry. Dit sê vir ons waar u naastenby in die wêreld is – wat ons help om te besluit oor watter lande en tale om op te fokus om u ervaring te verbeter. Maar selfs al wou ons, kan ons nie ’n spesifieke gebruiker aanstip nie.

Ons weet ook welke weergawe van Vivaldi u gebruik, die tipe verwerkerskyf, BS en skermresolusie. Regtig nie baie nie.

Ons gebruik ’n handvol derdepartye vir sommige goed wat u in die blaaier doen. Hou dit in gedagte. En wees altyd versigtig wanneer u blaaieruitbreidings installeer.

Waarom ons ’n ingeboude naspoorderversperder toegevoeg het

76 persent van webwerwe bevat versteekte Google-naspoorders.”

U sou opgemerk het dat ons ernstig is teen onnodige nasporing en data-insameling. Maar dit het nie webnaspoorders gekeer nie. Hulle getalle het die hoogte in geskiet. Daar is miljarde spoorders daar buite.

Daarom het ons ’n naspoorderversperder by die blaaier ingebou. Dit beskerm u van die alomteenwoordige naspoorders wat u volg en persoonlike inligting opgaar.

So graag soos ons wil hê ons naspoorderversperder moet alles keer way op u spioeneer, is daar altyd webwerwe wat dit omseil. Sal u, indien u een ontdek, dit aan DuckDuckGo of EasyPrivacy rapporteer?

Dus, ja, ons bou Vivaldi sonder nasporing wat u privaatheid skend.

Hoeveel toeps kan dit sê?

Lees meer:

Hoe ons ons gebruikers tel
Vivaldi se privaatheidsbeleid
Netwerkaktiwiteitdekodering in Vivaldi