Raak betrokke!

Vivaldi is ’n klein maatskappy wat deur die werknemers besit word. Ons het geen eksterne beleggers nie en ons hou dit so om te verseker dat Vivaldi op die smalle weg bly.

Ons benodig u hulp om te groei.

Vertel dit verder

Maak plasings op sosiale media oor Vivaldi en gee ’n resensie op Google Play en die App Store. Vertel dit verder en nooi u vreinde, familie en kollegas uit om Vivaldi te gebruik.

Gebruik die versteksoekenjins

Ons genereer inkomste uit vennootskapsooreenkomste met die soekmasjiene en boekmerke wat (buiten Google) by verstek met Vivaldi gelewer word.

Toets die nuutste weergawes

Help ons om die blaaier te toets deur die Snapshot-weergawe van Vivaldi te gebruik.

Deel u terugvoer in die vrystellingsberigte en deur probleme te rapporteer.