U blaaier is bygewerk
As u Vivaldi geniet, oorweeg dan ’n skenking.
U skenking sal ’n groot impak hê ter ondersteuning van ons stryd vir ’n beter web!
Sakrekenaar in adresveld
’n Vinnige en handige manier vir u daaglikse rekenwerk: direk vanuit die adresveld. Geen meer wissel tussen toeps of oortjies nie! Tik bloot u berekening en klik op Enter om die resultaat na die knipbord te kopieer.
Een van die klein details wat u help om u blaaiery gefokus te hou en u data privaat.
Makliker om PWA’s te installeer
Die aflaai van PWA’s is eenvoudiger as ooit. Vergeet resklik en kontekskieslyste. Wanneer ’n webwerf ’n PWA aanbied, word dit nou met ’n installeerpiktogram in het adresveld getoon. Makliker as dit word dit nie!
U kan al u PWA’s en hul instellings nagaan deur na vivaldi://apps te gaan.