’n Alternatief vir Thunderbird ingebou in u blaaier

Ons se visie is eenvoudig – u moet in beheer wees van hoe u e-posleser lyk, voel en werk.

Download Vivaldi

Dis gratis, en beskikbaar vir Windows, macOS en Linux.

Laat u e-posleser werk soos u dit wil hê

Vivaldi Mail plaas u in beheer. Waar e-poslesers soos Thunderbird ’n werkvloei vir u in gedagte het, kan u Vivaldi Mail heeltemal by u behoeftes aanpas.

Organiseer al u rekeninge

Vivaldi Mail het die probleem van meerdere e-posrekeninge en groot hoeveelhede e-pos opgelos. Geniet ’n meer stresvrye en gefokusde e-poservaring deur al u rekeninge te bestuur vanuit een maklik bestuurbare inmandjie.

Skakel u skakelaar aan

’n Aantal handige tokkels help u om tyd te spaar deur u in staat te stel om tussen verskillende aansigte en uitlegte te wissel.

Leer hoe

Vlieg deur u inmandjie

Gebruik aanpasbare sneltoetse om vinniger deur u e-pos te werk. U kan ook deur “geskiedenis” en aansigte spring met die Terug/Vorentoe-knoppe.

Deursoek al u e-pos

Die databasis is die hoeksteen van Vivaldi Mail. Ons het dit ontwerp om vinnig en kragtig te wees, sodat u gou kan vind wat u benodig en terug kan keer na wat die belangrikste is.

Vivaldi Mail t.o. Thunderbird Vivaldi Mail Thunderbird
Volledig aanpasbaar met deelbare temas en koppelvlakinstellings Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Slim gespreksdraadhantering (spring na draad) Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Outomatiese generering van kontakte Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Volledige aanlyn toegang Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Verstelbare sneltoetse Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Aanpasbare muisgebare Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Outomatiese bespeuring en filtering van poslyste Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Soekopdragte kan as ’n nuwe filter bewaar word Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Boodskappe kan in die uitmandjie in die wagry geplaats word Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude kalender Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Ingeboude voerleser Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Ingebou in ’n webblaaier Volledige ondersteuning Geen ondersteuning

Ons antwoord op e-posorganisering

  • Leer wat dit is wat Vivaldi Mail se koppelvlak so spesiaal maak
  • Kyk hoe eenvoudig dit opgestel is
  • Kyk agter die skerms van elke funksionaliteit
Verken Vivaldi Mail-funksies

Dink buite die vouer

’n Enkele boodskap kan in enige “vouer” of aansig vertoon word. Spaar tyd wat spandeer is aan die grawe deur vouers en skep aansigte wat die boodskappe toon wat saak maak.

Ongesien en ongelees

Daar is twee tellers langs vouers in Vivaldi Mail. Splinternuwe e-posse wat u nog nie gesien het nie, word Ongesien genoem. E-posse wat u nog nie hanteer het nie, is Ongelees.

Neem u privaatheid terug

Vivaldi Mail versamel geen inligting oor u gedrag en ons maak dit vir ander moeilik om u na te spoor.

Oorskakeling van Thunderbird na Vivaldi Mail is vinnig en maklik.

Kort u nog redes om na Vivaldi Mail oor te skakel?

Hier is ’n paar redes waarom Vivaldi Mail die beste e-posprogram is vir kraggebruikers soos u.

Ingeboude kalender

Stuur en ontvang uitnodigings naatloos met Vivaldi Kalender.

Geïntegreerde voerleser

Nuwe voeritems van Vivaldi Voerleser word soos u ander boodskappe in die Mail-koppelvlak vertoon.

Blaaiervoordele

Vivaldi Mail is gebaseer op dieselfde robuuste kern as u gunstelingblaaier. Bestuur duisende boodskappe in ’n enkele inmandjie.

Die databasis

’n Databasis van al u boodskappe, etikette, filters, soektogte is die basis van Vivaldi Mail. Alles word geïndekseer en is dus vanlyn deursoekbaar.

Bewaarde soektogte

Soektogte kan as filters bewaar word. U hoef nie elke keer vouers te skep nie.

Ondersteuning vir meerdere rekeninge

Met steun vir IMAP en POP3 kan u byna enige e-posverskaffer integreer.

Vertrou deur miljoene gebruikers

Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.

3 100 000+Aktiewe gebruikers
1 600 000+Gemeenskapslede
0Eksterne beleggers

Die beste e-poservaring is ’n enkele klik weg

Download Vivaldi