Eindelik, ’n alternatief vir Outlook wat werk soos u wil

Vivaldi Mail gee u beheer oor hoe u e-posleser lyk, voel en werk.

Download Vivaldi

Dis gratis, en beskikbaar vir Windows, macOS en Linux.

Gebou vir groot hoeveelhede e-pos

Het u al die gevoel gehad dat u u e-posleser ontgroei het? Vivaldi Mail maak dit maklik om e-posse van meerdere rekeninge, poslyste en nuusvoere te bestuur. En danksy die buigbaarheid kan u die perfekte werkvloei aanpas.

Organiseer al u rekeninge

Vivaldi Mail is ’n bevelsentrum vir u e-pos. Kombineer al u e-posrekeninge en bestuur dit maklik op een plek. Hou werkverwante e-posse, fakture, poslyste, skoolnuus en meer by — alles in u blaaier.

Skakel u skakelaar aan

Met een klik kan u e-posse, asook boodskappe van poslyste, pasgemaakte vouers, voere, gemorspos en die asblik versteek of as gelees merk. Verhoog u fokus deur verskillende aansigte en uitlegte te kombineer — dit is waaroor Vivaldi gaan!

Leer hoe

Snel deur u inmandjie

Die verpersoonlikte sneltoetse en muiskortpaaie van Vivaldi Mail help u om e-pos vinniger te verwerk, waardeur u tyd bespaar en stres verminder.

Deursoek direk al u inmandjies

Ons het die databasis by Vivaldi ontwerp om vinnig, kragtig en buigbaar te wees, sodat u vinnig kan vind wat u benodig en terug kan gaan na wat die belangrikste is.

Vivaldi Mail t.o. Outlook Vivaldi Mail Outlook
Volledig aanpasbaar met deelbare temas en koppelvlakinstellings Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Gevorderde afhandeling van gespreksdrade (ga na draad) Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Outomatiese generering van kontakte Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Volledige aanlyn toegang Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Verstelbare sneltoetse Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Aanpasbare muisgebare Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Outomatiese bespeuring en filtering van poslyste Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Soekopdragte kan as ’n nuwe filter bewaar word Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Boodskappe kan in die uitmandjie in die wagry geplaats word Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude kalender Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Ingeboude voerleser Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Ingebou in ’n webblaaier Volledige ondersteuning Geen ondersteuning

Ons antwoord op e-posorganisering

  • Leer wat dit is wat Vivaldi Mail se koppelvlak so spesiaal maak
  • Kyk hoe eenvoudig dit opgestel is
  • Kyk agter die skerms van elke funksionaliteit
Verken Vivaldi Mail-funksies

Dink buite die vouer

Moenie tyd mors om deur vouers te blaai nie. Fokus eerder daarop om aansigte te skep wat die boodskappe toon wat saak maak.

Ongesien en ongelees

Daar is twee tellers langs vouers in Vivaldi Mail. Splinternuwe e-posse wat u nog nie gesien het nie, word Ongesien genoem. E-posse wat u nog nie hanteer het nie, is Ongelees.

Neem u privaatheid terug

Vivaldi Mail versamel geen inligting oor u gedrag en ons maak dit vir ander moeilik om u na te spoor.

Oorskakeling van Edge na Vivaldi mail is vinnig en maklik.

Vertrou deur miljoene gebruikers

Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.

3 100 000+Aktiewe gebruikers
1 600 000+Gemeenskapslede
0Eksterne beleggers

Kort u nog redes om na Vivaldi Mail oor te skakel?

Hier is ’n paar redes waarom Vivaldi Mail die beste e-posprogram is vir kraggebruikers soos u.

Ingeboude kalender

Stuur en ontvang uitnodigings naatloos met Vivaldi Kalender.

Geïntegreerde voerleser

Nuwe voeritems van Vivaldi Voerleser word soos u ander boodskappe in die Mail-koppelvlak vertoon.

Blaaiervoordele

Vivaldi Mail is gebaseer op dieselfde robuuste kern as u gunstelingblaaier. Bestuur duisende boodskappe in ’n enkele inmandjie.

Die databasis

’n Databasis van al u boodskappe, etikette, filters, soektogte is die basis van Vivaldi Mail. Alles word geïndekseer en is dus vanlyn deursoekbaar.

Bewaarde soektogte

Soektogte kan as filters bewaar word. U hoef nie elke keer vouers te skep nie.

Ondersteuning vir meerdere rekeninge

Met steun vir IMAP en POP3 kan u byna enige e-posverskaffer integreer.

Die beste e-poservaring is ’n enkele klik weg

Download Vivaldi