Die aangejaagde alternatief vir Mailbird waarna u op soek was

In teenstelling met Mailbird gee Vivaldi Mail u beheer oor hoe u e-posleser lyk, voel en werk.

Download Vivaldi

Dis gratis, en beskikbaar vir Windows, macOS en Linux.

Gemaak vir rekeninge met groot hoeveelhede e-pos

Vivaldi Mail se intuïtiewe gebruikerskoppelvlak help u om tyd te spaar, u fokus te verbeter en met groot hoeveelhede e-pos om te gaan —ongeag hoeveel rekeninge u het.

Organiseer al u rekeninge

Vivaldi Mail is nie ’n nommerpas-vir-almal-oplossing nie. Stel u perfekte werkvloei in en pas dit verder aan. Werk effektiewer deur u e-pos en keer vinnig terug na belangriker take.

Tokkel na hartelus

Vivaldi Mail maak dit makliker om op hoogte te bly van u agenda en afleidings te ignoreer. Kies eenvoudig die gewenste uitleg en tokkel tussen verskillende aansigte.

Leer hoe

Gaan soos blits deur u inmandjie

Werk vinnig deur u inmandjie, met 16 konfigureerbare muiskortpaaie en sneltoetse — vir herhaalbare aktiwiteiten soos die opstel van nuwe e-posse, die beantwoord van boodskappe en meer.

Vind wat u soek

Vivaldi Mail se databasis is so kragtig dat u die gekose aansig direk kan deursoek of die soekopdrag kan uitbrei om deur e-posse te soek — selfs as u vanlyn is.

Vivaldi Mail t.o. Mailbird Vivaldi Mail Mailbird
Volledig aanpasbaar met deelbare temas en koppelvlakinstellings Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Gevorderde gespreksdraadafhandeling (gaan na draad) Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Outomatiese generering van kontakte Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Volledige aanlyn toegang Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Verstelbare sneltoetse Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Aanpasbare muisgebare Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Outomatiese bespeuring en filtering van poslyste Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Soekopdragte kan as ’n nuwe filter bewaar word Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Boodskappe kan in die uitmandjie in die wagry geplaats word Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude kalender Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Ingeboude voerleser Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingebou in ’n webblaaier Volledige ondersteuning Geen ondersteuning

Ons antwoord op e-posorganisering

  • Leer wat dit is wat Vivaldi Mail se koppelvlak so spesiaal maak
  • Kyk hoe eenvoudig dit opgestel is
  • Kyk agter die skerms van elke funksionaliteit
Verken Vivaldi Mail-funksies

Dink buite die vouer

’n Enkele boodskap kan in enige aantal vouers of aansigte vertoon word. In plaas daarvan om vir ’n halfuur deur vouers te grawe, gebruik Vivaldi Mail om u fokus te vergroot terwyl u al u belangrikste boodskappe byderhand hou!

Ongesien en ongelees

In Vivaldi Mail is daar twee tellers langs vouers. Splinternuwe e-posse wat u nog nie gesien voorheen het nie, word Ongesien genoem. E-posse wat u nog nie hanteer het nie, is in die ander vakkie.

Kry weer beheer oor u data

Vivaldi Mail versamel geen inligting oor u gedrag en ons maak dit vir ander moeilik om u na te spoor.

Oorskakeling van Mailbird na Vivaldi Mail is vinnig en maklik.

Vertrou deur miljoene gebruikers

Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.

3 100 000+Aktiewe gebruikers
1 600 000+Gemeenskapslede
0Eksterne beleggers

Kort u nog redes om na Vivaldi Mail oor te skakel?

Hier is ’n paar redes waarom Vivaldi Mail die beste e-posprogram is vir kraggebruikers soos u.

Ingeboude kalender

Stuur en ontvang uitnodigings naatloos met Vivaldi Kalender.

Geïntegreerde voerleser

Nuwe voeritems van Vivaldi Voerleser word soos u ander boodskappe in die Mail-koppelvlak vertoon.

Blaaiervoordele

Vivaldi Mail is gebaseer op dieselfde robuuste kern as u gunstelingblaaier. Bestuur duisende boodskappe in ’n enkele inmandjie.

Die databasis

’n Databasis van al u boodskappe, etikette, filters, soektogte is die basis van Vivaldi Mail. Alles word geïndekseer en is dus vanlyn deursoekbaar.

Bewaarde soektogte

Soektogte kan as filters bewaar word. U hoef nie elke keer vouers te skep nie.

Ondersteuning vir meerdere rekeninge

Met steun vir IMAP en POP3 kan u byna enige e-posverskaffer integreer.

Die beste e-poservaring is ’n enkele klik weg

Download Vivaldi