Moeg vir eM Client?
Sê hallo vir Vivaldi Mail

Vivaldi Mail plaas u in beheer van hoe u e-posleser lyk, voel en werk.

Download Vivaldi

Dis gratis, en beskikbaar vir Windows, macOS en Linux.

’n Nuwe golf van superieure organisasie

In plaas van ’n standaard werkvloei bied Vivaldi Mail u opsies, sodat u die juiste werkvloei vir u kan aanpas.

Organiseer al u rekeninge

Met Vivaldi Mail kan u al u e-posse afhandel op ’n blaaieroortjie. Omdat dit u boodskappe na u rekenaar aflaai, het u direk toegang tot al u e-posrekeninge in een eenvormige inmandjie - selfs as u vanlyn is.

Skakel u skakelaar aan

As u ’n rekening met groot hoeveelhede e-posse dophou, moet u sorg dat u nie afgelei word nie. Met een klik kan u geleesde e-posse toon of versteek, asook boodskappe van poslyste, pasgemaakte vouers, nuusvoere, gemorspos en die asblik.

Leer hoe

Vlieg deur u inmandjie

Met Vivaldi Mail kan u persoonlike sneltoetse en muiskortpaaie gebruik. Dis die vinnigste manier om deur u inmandjie te navigeer en u boodskappe in ’n oogwenk te bekyk.

Soek direk deur alle inmandjies

Met Vivaldi Mail kan u met enkele toetsdrukke u hele e-posdatabasis deursoek, dus u kan vinnig en effektief vind wat u benodig.

Vivaldi Mail t.o. eM Client Vivaldi Mail em Client
Volledig aanpasbaar met deelbare temas en koppelvlakinstellings Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Gevorderde afhandeling (gaan na draad) Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Outomatiese generering van kontakte Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Volledige aanlyn toegang Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Verstelbare sneltoetse Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Aanpasbare muisgebare Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Outomatiese bespeuring en filtering van poslyste Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Soekopdragte kan as ’n nuwe filter bewaar word Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Boodskappe kan in die uitmandjie in die wagry geplaats word Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingeboude kalender Volledige ondersteuning Volledige ondersteuning
Ingeboude voerleser Volledige ondersteuning Geen ondersteuning
Ingebou in ’n webblaaier Volledige ondersteuning Geen ondersteuning

Ons antwoord op e-posorganisering

  • Leer wat dit is wat Vivaldi Mail se koppelvlak so spesiaal maak
  • Kyk hoe eenvoudig dit opgestel is
  • Kyk agter die skerms van elke funksionaliteit
Verken Vivaldi Mail-funksies

Dink buite die vouer

Vivaldi Mail maak dit maklik om in een oogopslag te sien wat belangrik is. Geen meer grawe deur vouers nie. Fokus liewer op die skep van aansigte wat die boodskappe wat saak maak, toon.

Ongesien en ongelees

Daar is twee tellers langs vouers in Vivaldi Mail. Splinternuwe e-posse wat u nog nie gesien het nie, word Ongesien genoem. E-posse wat u nog nie hanteer het nie, is Ongelees.

Neem u privaatheid terug

Vivaldi Mail versamel geen inligting oor u gedrag en ons maak dit vir ander moeilik om u na te spoor.

Om van eM Client na Vivaldi oor te skakel is vinnig, maklik en pret.

Vertrou deur miljoene gebruikers

Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.

3 100 000+Aktiewe gebruikers
1 600 000+Gemeenskapslede
0Eksterne beleggers

Kort u nog redes om na Vivaldi Mail oor te skakel?

Hier is ’n paar redes waarom Vivaldi Mail die beste e-posprogram is vir kraggebruikers soos u.

Ingeboude kalender

Stuur en ontvang uitnodigings naatloos met Vivaldi Kalender.

Geïntegreerde voerleser

Nuwe voeritems van Vivaldi Voerleser word soos u ander boodskappe in die Mail-koppelvlak vertoon.

Blaaiervoordele

Vivaldi Mail is gebaseer op dieselfde robuuste kern as u gunstelingblaaier. Bestuur duisende boodskappe in ’n enkele inmandjie.

Die databasis

’n Databasis van al u boodskappe, etikette, filters, soektogte is die basis van Vivaldi Mail. Alles word geïndekseer en is dus vanlyn deursoekbaar.

Bewaarde soektogte

Soektogte kan as filters bewaar word. U hoef nie elke keer vouers te skep nie.

Ondersteuning vir meerdere rekeninge

Met steun vir IMAP en POP3 kan u byna enige e-posverskaffer integreer.

Die beste e-poservaring is ’n enkele klik weg

Download Vivaldi