FAQ
-
Hoe kan ek skenk?
Om te skenk:
- Gaan na die skenkingsvorm.
- Kies die bedrag wat u wil skenk en klik Gaan voort.
- Voer u kredietkaartdetails in en klik op ‘Betaal $’.
- Bevestig, indien vereis deur u kaartuitgewer, die betaling d.m.v. die 3D Secure 2-waarmerking.
-
Waarom vir skenkings vra?
Volle deursigtigheid: Vivaldi is ’n kommersiële onderneming en baie van ons werknemers besit aandele in die maatskappy. Ons verdien inkomste deur vennootskappe met soekenjins en boekmerke. U kan hier meer lees oor ons sakemodel. Tog word ons reëlmatig deur ondersteuners gevra of hulle deur skenkings kan ondersteun. Ons luister graag na ons gebruikers, daarom het ons so ’n opsie moontlik gemaak.
-
Hoe word my skenking aangewend?
U gif sal gebruik word om die langtermynontwikkeling en die sukses van Vivaldi se blaaiergebaseerde produkte en dienste te finansier.
-
Hoe beskerm Vivaldi my persoonlike inligting?
Ons versamel of bewaar geen data van ons skenkers nie. U kan ons privaatheidsbeleid hier lees. Vir die verwerking van betalings gebruik ons ’n derdeparty genaamd Stripe. U kan in hul privaatheidsbeleid lees hoe hulle u data hanteer.
-
Waar kan ek meer oor Vivaldi leer?
Hier kan u meer leer oor die blaaier: https://vivaldi.com/ en hier oor die maatskappy: https://vivaldi.com/company/.
-
Aan wie kan ek ’n direkte e-pos rig rakende skenkings?
Stuur asb. ’n boodskap aan [email protected] indien u enige vrae oor skenkings het.