
Ons respekteer u privaatheid
Ons profileer nie u gedrag of verkoop nie u data nie.
In vandag se digitale wêreld is daar te veel toeps (insluitend blaaiers) wat gebou word om soveel moontlik inligting van u in te samel. Van nasporing oor hoe en wat u blaai tot die skep van detetailleerde profiele gebaseer op u gebruik en belange, hulle hou van rondsnuffel. Data word aan adverteerders verkoop. Hoe die data dan gebruik word hang van die aankoper se doel af, dalk wil hulle hê u moet ’n sekere tandepasta koop, of hulle wil u politieke opinie verander.
Ons by Vivaldi is anders. Ons stel nie daarin belang om u aktiwiteit na te spoor of u data te verkoop nie. Wat u in u blaaier doen is u besigheid, nie ons s’n nie. U inligting word of lokaal op u toestel bewaar òf geënkripteer, en ons sien dit nooit nie.
Ons moet weet hoeveel mense Vivaldi gebruik om die blaaier te bly verbeter en ons besigheid te volgou. Maar ons het ’n stelsel ontwerp wat gebruikers tel sonder om hulle persoonlike aktiwiteit na te spoor.
Hoe tel ons sonder om privaatheid in gedrang te bring
Soos elke maatskappy moet ons weet hoeveel gebruikers ons het (ja, ons benodig dit om in bedryf te bly). Om te verstaan hoeveel gebruikers ons het, skep Vivaldi ’n ID by installasie. Hierdie ID help ons om te verseker dat ons u nie meer as een maal tel nie, selfs as u die blaaier herinstalleer of meerdere profiele op dieselfde toestel het. Die ID word slegs gebruik om gebruikers te tel en word met geen ander data gepaar nie. Dit spoor nie na wat u doen, waar u gaan of hoe u die blaaier gebruik nie.
Ons knot die IP’s wat ons van die telversoek kry. Dit sê vir ons waar u naastenby in die wêreld is – wat ons help om te besluit oor watter lande en tale om op te fokus om u ervaring te verbeter. Maar selfs al wou ons, kan ons nie ’n spesifieke gebruiker aanstip nie. Indien u bv. woon Voortrekkerstraat 15 in Pretoria woon, sal ons net weet dat ons ’n gebruiker in Suid-Afrika het.
Ons samel ook sekere tegniese inligting in, soos u SVO-argitektuur, skermresolusie en bedryfstelsel. Dit help ons om Vivaldi te optimeer vir die toestelle wat ons gebruikers het, maar dit verklap niks persoonliks aan ons nie.
Ons doel is om so deursigtig moontlik te wees. Ons stoor geen data oor u blaaigedrag nie en ons verkoop geen data aan derdepartye nie. Dit is nie hoe ons werk nie.
Waarom ons ’n naspoorderversperder gebou het
Hierdie funksie is ontwerp om te voorkom dat vreemdelinge u, terwyl u op die web blaai, naspoor soos hul prooi en u persoonlike data oes vir hul eie gewin. Naspoorders is oral, miljarde van hulle, maar ons naspoorderversperder help om u privaatheid te beskerm terwyl u blaai.
Geen versperder kan natuurlik elke naspoorder keer nie, maar ons verbeter voortdurend. En indien u op een afkom wat deur die net val, laat ons weet sodat ons dit kan hanteer.
By Vivaldi is ons toegewy om aan u die beheer van u blaai-ervaring te gee sonder enige privaatheidskendende nasporing. Hoeveel blaaiers kan dit werklik sê?