Proton VPN vir Vivaldi

Beveilig u verbinding, beskerm u aanlyn privaatheid en kry naatloos toegang tot wêreldwye inhoud regstreeks vanuit Vivaldi, aangedryf deur Proton VPN.

Laai Vivaldi af

Voer u IP-adres in

Proton VPN vir Vivaldi is ’n vinnige en betroubare VPN-diens wat u aanlyn privaatheid beskerm deur u ware IP-adres te versteek.

Versper kwaadwillige skripte

Proton se DNS-filtrering verbied verbindings na ongewenste domeins en versper kwaadwillige skripte.

Toegang tot wêreldwye inhoud

Wanneer u aan ’n Proton VPN-bediener gekoppel is het u toegang tot webwerwe, inhoud en dienste wat in u streek versper of beperk kan wees.

Sterk enkripsie

Proton se VPN-protokolle maak gebruik van beproefde oopbronenkriksiestandaarde soos AES-256 en ChaCha20 op die sterkste instellings.

Privaatheid waarop u kan vertrou

Proton werk met ’n streng geen-logboek-beleid en hul VPN-protokolle maak gebruik van beproefde oopbronenkripsiestandaarde. So word gesorg dat u aanlyn aktiwiteit heeltemal privaat bly.

Hoësnelheidbedieners

Proton se 10 Gbps bedienernetwerk saam met ’n unieke VPN-versneller verhoog u VPN-snelheid tot 400% terwyl dit u ook die sterkste enkripsie en beveiliging bied.

Ingebou in Vivaldi

Proton VPN vir Vivaldi is by die blaaier ingebou. Open bloot u blaaierinstellings, aktiveer Proton VPN vir Vivaldi, en begin in sekondes privaat blaai.

Maak privaatheid die verstek

Proton is in 2014 in Switserland begin deur wetenskaplikes wat by die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (CERN) ontmoet het. Hul visie is om ’n internet te bou waar privaatheid die standaard is deur ’n ekostelsel van dienste wat vir almal, oral en elke dag toeganklik is.

Europa se antwoord op aanlyn privaatheid

In ’n era wat deur Tegnoreuse oorheers word, verteenwoordig Vivaldi en Proton ’n Europese toewyding aan digitale onafhanklikheid, privaatheid en deursigtigheid. Deur Proton en Vivaldi te kies, sluit u u aan by ’n groeiende beweging wat glo dat privaatheid ’n fundamentele reg is, nie ’n voorreg nie.

Gereelde vrae

  • Hoe werk Proton VPN vir Vivaldi?

    Proton VPN beskerm u aanlyn privaatheid deur u ware IP-adres te versteek. Met u virtuele ligging versteek is dit baie moeiliker om u aanlyn aktiwiteit te monitor, beperk of aan adverteerders te verkoop.

    Lees meer

  • Hoe installeer ek Proton VPN vir Vivaldi?

    Proton VPN vir Vivaldi is gereed met die intrapslag. Dit is egter ’n keusefunksie en is nie voorafgeïnstalleer nie, daarom moet u eers op die VPN-knop in die taakbalk klik. Dan moet u net met u Vivaldi-rekening aanteken om te begin. Indien u nie ’n rekening het nie, kan u een skep.

  • Is Proton VPN vir Vivaldi gratis?

    Ja. Proton VPN vir Vivaldi is gratis sonder advertensies, geen databeperkinge en ’n streng geen-logboek-beleid. Sommige premie-funksies is slegs beskikbaar op die betaalde Proton VPN Plus-intekening.

  • Hoe veilig is Proton VPN vir Vivaldi?

    Alle Proton VPN-netwerkverkeer word òf met AES-256 òf ChaCha20 geënkripteer, en Proton gebruik sterk VPN-protokolle soos WireGuard® en OpenVPN.

  • Kan ek Proton VPN vir Vivaldi op mobiel gebruik?

    Proton VPN vir Vivaldi is tans slegs beskikbaar vir rekenaars. Ons hoop om dit in die toekoms vir mobiele gebruik in te sluit.

  • Is dit wettig om Proton VPN te gebruik?

    Die gebruik van ’n VPN is wettig in die meeste lande, maar sommige lande beperk of verbied die gebruik daarvan. Meer inligting is in Proton se land-vir-land-VPN-gids.