U blaaier is bygewerk
Rol af om te sien wat is nuut
Al u oortjies, gestruktureer, waar u dit benodig
Toegang tot oortjies vanaf u ander lessenaartoestelle is nou byna moeiteloos. Open die Vensters-paneel of klik op die oortjie-knop, en u sien presies wat op u gesinchroniseerde toestelle oop is. Of u nou net een oortjie soek of die hele werkruimte benodig wat u vanoggend saamgestel het, of miskien soek u al die navorsingsoortjies wat u in ’n groep georganiseer het?
Wanneer u gesinchroniseerde inhoud open kry u nie net ’n plat lys met individuele oortjies nie. U kan die hele venster met sy hele struktuur oorbring.
U beginblad, u manier
Dingesies en Snelkiesers bestaan nou pragtig langs mekaar in ’n uniforme beginbladervaring. U gunstelingwerwe lê langs dingesies met intydse inligting, waardeur ’n persoonlike bedieningspaneel ontstaan wat uniek is aan u.
Dit staan u vry om soveel snelkiesergroepe te verpersoonlik soos wat U goeddink. Voeg dingesies toe, sleep dit rond, pas die grootte aan, meng dit met snelkieservouers en die beginblad word wat u dit wil maak.
Privaatheid wat u kan sien
Ons het die privaatheidbedieningspaneel verfris met ’n nuwe, skoner ontwerp wat u makliker laat verstaan wat Vivaldi presies doen om u te beskerm.
Die bygewerkte privaatheidbedieningspaneel gee duidelike sigbaarheid in versperde naspoorders, advertensies en die tyd wat u bespaar het deur nie indringende inhoud te laai nie. Dit gee aan u ’n beter begrip van die impak van blaaiery met beskerming geaktiveer.
Neem beheer oor verrigting
Ons het ’n nuwe verrigtingafdeling in Instellings geplaas, kompleet met geheuebesparingsopsies. U kan nou besluit hoe aggressief Vivaldi geheue vir onaktiewe oortjies bestuur.
Of u iemand is wat dosyne oortjies oop hou of dit verkies om ’n ligter voetafdruk te handhaaf, laat hierdie instellings u blaaigewoontes met verrigting balanseer.
Verfynings aan die e-pospaneel
Die e-pospaneel het ook ’n laag vernis gekry. Ons het visuele verfynings gemaak om leesbaarheid en bruikbaarheid te verbeter sodat u makliker met u e-pos direk in die blaaier kan werk. Klein verbeteringe wat daaglikse gebruik gladder laat verloop.
Geir, ons e-poshoofontwikkelaar stel dit so: “Dit is baie mooier, baie duideliker en lyk baie meer georganiseer”. Kan nie daarmee stry nie!
’n Oorsigteliker “Oor Vivaldi”
Soms verdien selfs die kleiner dinge aandag. Die Oor Vivaldi-blad is van voor af ontwerp met ’n vars, moderne uiterste en verbeterde bywerkinghantering.
Die nuwe Oor Vivaldi-blad is skoner en leersamer. Dis ’n klein ietsie, maar hierdie tipe verfynings maak saam ’n beter algehele ervaring. Wanneer u inligting oor u blaaier wil hê is dit daar, duidelik weergegee.
Nuwe sagte ware
Ons het handelsprodukte gemaak wat sê wat ons dink. Vivaldi Store 2.0 is oop met nuwe ontwerpe en kleding vir u gemaak. U kan ’n spesiale afslagkode vind op Vivaldi Sosiaal.
