U blaaier is bygewerk
Scroll down to see what’s new
Sleep om te teël
Welkom by die wedergeboorte van oortjies teël. Maak teëlindelings deur oortjies uit die taakbalk na die hoofdinhoudvenster van u huidige aktiewe oortjies te sleep. Beweeg bloot na links, bo, regs of onder en laat hom val waar dit die logiesste is.
Buitendien: u kan dit enige tyd herrangskik, die grootte aanpas of bykomende teëls insleep!
Open skakel as geteëlde oortjie
Wil u ’n skakel langs u huidige oortjie bekyk? Regsklik daarop op en kies “Open skakel as geteëlde oortjie”. Vir die kraggebruiker: kombineer hierdie nuwe funksie met ’n muisgebaar om dit onmiddellik toe te pas.
Vasgemaakte oortjies, nou slimmer
U vasgemaakte oortjies ondersteun nou domeinbeperking. Bloot vasgemaakte oortjies wat hulle gedra soos dit moes, sodat u nie u inhoud verloor wanneer u na ’n ander webwerf gaan nie.
Mail, regoor werkruimtes en vensters
Twee groot verbeterings vir Vivaldi Mail-gebruikers. U e-posoortjie kan nou regoor al u Vivaldi-vensters geopen wees. En as u besluit om dit vas te maak, bly dit ook op alle werkruimtes vasgemaak. U inmandjie is altyd daar waar u dit benodig.
Elke dag ’n vars beginblad
Vir avontuurlustiges wat maklik verveeld word. Aktiveer hierdie instelling en u beginblad kry daagliks ’n splinternuwe hoëkwaliteitfoto van Unsplash.
Caret-navigasie as instelling
Kry duidelike beheer oor toetsbordgebaseerde navigasie en teksseleksie deur Caret-navigasie te aktiveer. Met hierdie toeganklikheidsfunksie kan u deur webwerwe navigeer met behulp van die toetsbord asof dit teksdokumente is.