Vivaldi op iOS
Blaai met rekenaarstyl oortjies, versper advertensies en naspoorders en sinchroniseer data veilig tussen toestelle.
Beskikbaar op iPhone en iPad.
Kragtig. Volgeprop met buigbare funksies, almal ingebou.
Persoonlik. U maak dit u eie, Vivaldi pas by u aan.
Privaat Ons spoor nie u of u gedrag na nie.
Waarom Vivaldi op u foon of tablet?
Oortjies in rekenaarstyl
Hou tred van oop oortjies met oortjies in egte rekenaarstyl. Ons oortjiebalk bied onkonvensionele oortjies in ware rekenaarstyl, wat dieselfde gevoel gee as Vivaldi op die rekenaar.
Snelkieser
Kry vinnige toegang tot u gunstelingwerwe vanaf die beginblad. U kan die boekmerke wat in u snelkieser ingesluit is aanpas, of aangepaste snelkiesers en vouers toevoeg om u inhoud te organiseer.
Notas
Organiseer al u ideë, aantekeninge en taaklyste op een plek met Notas, ’n unieke funksionaliteit. Ekstra voordeel: sinchroniseer notas met u telefoon, rekenaar en kar en gaan oral voort waar u opgehou het.
Leeslys
Mis nooit ’n goeie verhaal nie. Bewaar alles wat u wil lees in u leeslys en haal dit op wanneer u wil. Selfs beter, dit kan op elke toestel met Vivaldi gesinchroniseer word.
Soekenjinsneltoetse
Soek u graag op die web? Uniek aan Vivaldi: probeer die byname vir soekenjins waarmee u kan spring tussen soekenjins. Tik die toegewese letter, gevolg deur ’n spasie en u soekterm.
Versper Naspoorders en advertensies
Keuse. U het dit in Vivaldi, in byna elke funksie. Selfs in hoe u wil hê webwerwe moet vertoon met ons ingeboude nasporings- en advertensiefiltering.
Die Naspoorderversperder beskerm u teen webspoorders wat u oor die web volg en persoonlike inligting insamel. Hoewel spoorderversperring genoeg beskerming bied, verkies sommiges om advertensies ook nog te versper.
“U gebruik waarskynlik nie die web se beste blaaier nie.”
Scott Gilbertson
Senior writer, WIRED
Gaan groot met Vivaldi op u tablet
Verbeter u blaai-ervaring met nutsmiddels waarmee u nie net meer kan doen nie, maar ook plesier kan hê. Vivaldi se funksionaliteit is ontwerp vir groter mobiele skerm vir iPad – en iPad-gebruikers.
Sinchroniseer oor al u toetstelle
Goeie nuus: Ons is, sê maar, oral! Rekenaar, mobiel en selfs in motors. Daarom werk Vivaldi soomloos op verskillende toestelle wat u volle blaaiergeskiedenis, wagwoorde, boekmerke, oortjies, notas, leeslys en meer sinchroniseer.
Ons gebruik eind-tot-eind-enkripsie om te voorkom dat u data toeganklik is vir derdepartye. En as ekstra bonus lê u blaaidata ter plaatse in Ysland, waar dit onder streng privaaatheidswette val.
Privaatheid en Veiligheid
Ons respekteer almal wat kies om met ons te blaai. Dit is waarom ons nie u profiel of gedrag naspoor nie, of u data verkoop nie. Die werwe wat u besoek, wat u by die blaaier intik, u aflaaie – dit is en bly u eie data. Ons bewaar dit nie eens op ons bedieners nie — dit bly lokaal op u rekenaar of word geënkripteer.
En ons doen ons bes om ander naspoorders ook te keer met ons ingeboude naspoorderversperder. As gevolg hiervan bly u privaat inligting altyd veilig — en kan u vry rondblaai sonder om te bekommer of iemand ’n kykie neem in u blaaigeskiedenis of naspoor wat u aanlyn doen.
Maak Vivaldi u verstekblaaier
Sit u vas met Safari? Nie meer nie. Stel Vivaldi in as u verstekblaaier op u iPhone en iPad en ervaar die web soos nooit tevore. Wees trots daarop dat u tegnoreuse kan weggooi vir ’n onafhankelike tegnologiefirma wat sy gebruikers voorop stel.
Oor Vivaldi
Vivaldi is ’n kragtige, persoonlike en buigsame blaaier wat by u aanpas, nie andersom nie.
Met ’n buigbare en volledig aanpasbare koppelvlak streef ons daarna om die beste internetervaring op enige toestel te bied en dek ons tans platforms soos Windows, Mac, Linux, Raspberry Pi, iOS, Android en Android Automotive.
Ons bou produkte en dienste met twee grondbeginsels: privaatheid is ’n verstek en alles is ’n opsie. In die praktyk beteken dit die bou van programmatuur wat gebruikers se privaatheid beskerm, maar ook nie naspoor hoe dit gebruik word nie. Dit glo dat private en veilige programmatuur die reël moet wees, nie die uitsondering nie.