Veg vir ’n beter web

By Vivaldi werk ons nie, ons veg.

Veg vir ’n beter web as wat ons nou het.

Ons veg vir ’n einde aan die wurggreep wat die tegnoreuse op die internet het.

Ons veg vir ’n einde aan die meedoënlose uitbuiting van die web en beleefde diskoers vir korporatiewe wins.

Die web het al gefloreer op oopheid en innovasie, maar tegnoreuse het dit omvorm in ’n ommuurde tuin, ons data uitgebuit en ons digitale lewens vir wins gemonopoliseer. Ons stry vir ’n web wat vry is van manipulasie, waar u, nie die algoritmes nie, in beheer is van u ervaring.

Vivaldi is ontwerp om die kettings te breek. Met volledige aanpassings, funksies wat privaatheid voorop stel en geen skikkings aan u vryheid, sorg ons vir ’n gelyke speelveld. Ons maak Vivaldi omdat ons die web liefhet. En omdat ons die web liefhet, veg ons om dit vir almal te behou.

Jón von Tetzchner
HUB, Vivaldi Technologies

’n Web vir almal

Toe Sir Tim Berners-Lee die web geskep het, het hy ’n oop, demokratiese ruimte vir almal gesien. Daarr was geen patente, geen monopolieë nie, net vryheid om te deel en te skep. Spoel die band vorentoe, en wat sien ons vandag? Enorme maatskappye het hierdie oop ruimte omskep in hul eie privaat speeltuin, waar hulle inhoud versper, elke beweging navolgen en ons opsluit in hul ekostelsels.

Tim Berners-Lee's tweet 'This is for everyone' at the 2012 Summer Olympics opening ceremony
1904 cartoon depicting Standard Oil as an evil octopus

Opkoms van die webrowers

Vroeër het innoverende maatskappye gehelp om die web vorm te gee tot ’n hulpmiddel vir miljarde mense. Vandag aard baie van daardie maatskappye na industriële fabrieke wat data en wins onttrek terwyl hulle die internet besoedel met bewaking en donker patrone. Tegnoreuse het omvorm in monopolieë wat hul ommuurde tuine bevorder terwyl hulle die kompetisie onderdruk. Dit is tyd om daardie vryheid terug te neem.

Wat is ’n beter web?

Die web moet ’n plek wees waar tegnologie ons bemagtig, nie uitbuit nie. Maar vandag se web is vasgeketting deur ’n paar monopolieë wat besluite namens miljarde neem. Ons glo dat ’n beter web een is waar gebruikers, nie maatskappye nie, in beheer is. ’n Web wat veilig, oop en toeganklik is, waar u u nutsmiddels, u ervaring, u toekoms kan kies.

Hoe weg Vivaldi terug

By Vivaldi bou ons ’n blaaier wat vir u meer moontlikhede bied. Ons het stelling geneem teen die bewakingsgedrewe model van Tegnoreuse. Ons het saamgewerk met regulatore en pleitbesorgers oor die hele wêreld, maar ons gaan dit nie daar laat nie. Ons is aktief besig met die skep van nutsmiddels wat u help om terug te veg, of dit nou gaan om ons ingeboude advertensie- en nasporingsversperring, of die moontlikheid om alles aan u blaaier aan te pas.

Alles is in u beheer

Ons is van mening dat u blaaier by u moet aanpas, nie andersom nie. Moet u oortjies aan die kant wees? Doen dit. Aparte werkruimtes vir verskillende projekte? Klaar. Met Vivaldi kan u elke aspek verfyn, sodat u blaai-ervaring presies is wat u wil hê.

Algoritmes is nie u vriend nie

Al ooit gewonder waarom u sosialemediavoer steeds dieselfde soort inhoud lewer? Of waarom advertensies vir iets wat u dae gelede gesoek het, u nog steeds op die internet bly agtervolg? Dit is algoritmes aan die werk, wat u betrokke (of woedend) hou en terselfdertyd verryk met u data. Vivaldi doen dit anders. Ons voerleser is algoritmevry, sodat u in beheer is van wat u sien.

Gebou op menslike intelligensie

Ons glo nie in die idee dat alles deur KI aangedryf moet word nie. Veral nie die tipe wat u data sonder toestemming gebruik, of plagiaat pleeg en die web vervuil met verkeerde inligting nie. Groottaalmodelle is dalk oppervlakkig indrukwekkend, maar dit kom teen enorme koste, verbruike energie en water, terwyl dit privaatheid en nouwkeurigheid aantas. By Vivaldi fokus ons op nutsmiddels wat werklik help, sonder om u data uit te buit of u in ’n produk te omskep.

Maak slegte advertensies hartseer

Nie alle advertensies is sleg nie, maar bewakingsadvertensies is dit wel. Ons is van mening dat skeppers betaal moet word sonder dat u op die internet gevolg en bespeur word. Vivaldi se nasporingsversperring maak gebruik van aanpasbare lyste met bekende nasporingsbronadresse om te voorkom dat naspoorders u op die internet volg en u persoonlike data gebruik om u te profileer. Hierdie versperring is ingebouw, dus is dit nie afhanklik van uitbreidingargitectuur nie. Maar die hele ekostelsel reggeruk word, daarom steun Vivaldi wetgewing om opdringerige profilering te voorkom.

Eiendom van werknemers, gerig op gebruikers

Vivaldi se hoofkantoor is in Noorweë, en is die eiendom van trotse werknemers, sonder eksterne beleggers wat aan die toutjies trek. Dit beteken dat ons besluite neem wat die beste is vir u, nie vir die aandeelhouers se wins nie. Ons bou die blaaier wat ons self wil gebruik en luister na ons gebruikers om ’n webervaring te skep wat gratis, kragtig en uniek is vir u.

Veg saam!

Die web moet vry, oop en vir almal bly. By Vivaldi Doen ons ons deel om dit so te hou. Maar ons kan dit nie alleen doen nie. Deur Vivaldi te gebruik, kies u nie net ’n blaaier nie, maar veg u saam vir ’n beter web. Dit is tyd om die web terug te neem, een oortjie op ’n slag.

Kry dit op Google PlayLaai van die Toepwinkel af