Tem u oortjies
Gaan voort. Open soveel oortjies as u wil.
Hierdie ingeboude nutsmiddels gee u volle beheer.
Neem oortjies na ’n hoër vlak, letterlik
Sorteer u oortjies deur dit in tweevlakoortjiestapels te groepeer. Stapels is ’n goeie manier om dinge netjies te hou wanneer u baie oortjies oop het.
Sodra oortjies in ’n stapel is kan u baie doen: gee die groep ’n naam, skep splitskerms of laat hulle selfs hiberneer. Gaan groot!

Vertikale oortjies
Plaas u oortjiebalk links of regs. Deur die vertikale vertoon van oortjies kan u die naam van al u oortjies sien, ongeag hoeveel daar oop is.

Stapel oortjies om dit in splitskerm te kyk
Geen meer gespring tussen oortjies nie – oortjiestapeling laat u verskeie oortjies tegelyk sien. Doen u navorsing vir ’n woernaalinskrywing? Kyk u na meerdere strome tegelyk? Gaan in ’n hoër rat en stapel daardie oortjies.

Wat ander van oortjies in Vivaldi dink

Using @vivaldibrowser, you can display both the mobile and medium sized version of your web page on the same tab. This is great to check your website responsiveness!

@vivaldibrowser just saw the option "Stack tabs by host" and it just made my day!

The recent tab upgrades - double layer stacking plus renaming - is killer! The UX the whole way is so good. Keep up the good work!!

I'm REALLY digging @vivaldibrowser. Mouse gestures are very very cool. Also being able to put tabs on the side. It's super customisable

I use @vivaldibrowser which has tab search already built in. It also lets you put the tab well vertically with a scrollbar, which means you can always read tab titles and icons. This, in addition to automatic tab hibernation, makes the number of open tabs a non-issue.

Tom, if you're in the mood I recommend using @vivaldibrowser. If you keep multiple tabs you can group them and name the group. You can mute all but the active tab through configuration or keyboard shortcuts.

Oortjies in boomstruktuur
Avontuurlustig? Laat die oortjiebalk heeltemal vaar en gebruik die venster paneel om oortjies in ’n boomstruktuur in die systaaf te bestuur.

Konsertina-oortjies
Met konsertina-oortjies kan ’n oortjiestapel met een klik uit- en invou. Dit is ’n goeie manier om inligting vinnig te toon en te verberg, veral as u ’n beperkte hoeveelheid ruimte beskikbaar het.

Deursoek u oop oortjies
Om ’n oortjie te vind behoort nie te wees soos om ’n naald in ’n hooimied te vind nie. Deursoek u oop oortjies met snelbevele vir vinnige resultate.

Rolbare oortjies
Met rolbare oortjies kan u horisontaal deur oortjies en tweevlakoortjies rol. Sodoende kan u meer oortjies open sonder dat hulle krimp. Navigeer deur met u muis te rol of die pyle aan weerskante van die oortjies te gebruik.

Vasgemaakte oortjies
Met vasgemaakte oortjies kan u u mees gebruikte oortjies en oortjiegroepe te alle tye oop en beskikbaar hou op dieselfde ligging.

Laat oortjies hiberneer
Honderde oop oortjies kan lastig wees (vir u rekenaar en u gemoedsrus. Laat oortjies hiberneer om die las te verlig – laat oortjies slaap tot u dit benodig.

Periodieke herlaaier
Gebruik die periodieke herlaaier om oortjeiherlaaiwaardes te stel sodat u altyd na die nuutste weergawe van ’n webwerf kyk of aangeteken bly terwyl u elders werk. ’n aftelling word op die oortjie weergegee onder die favikoon en die titel.

Bewaar oortjies vir later
Bewaarde sessies laat u ’n stel oortjies van u keuse vinnig open. Stel werksareas op vir verskillende projekte en hou die oortjies (en hul uitleg) gereed vir latere aksie.

Naatlose wisseling
Dit is nie nodig om deur die oortjiebalk te blaai om oortjies te wissel nie. U kan d.m.v. sneltoetse of deur u muis te rol, van oortjies verwissel.

Ontdaan oortjiesluiting
Benodig u ’n pas gesluite oortjie? Klik bloot op die asblik vir ’n lys met vroeër gesluite oortjies en vensters in die laaste sessie; klik vervolgens op die een wat u weer wil open.

Geluidbeheer
Ongewenste geluid is ’n nagmerrie. Maak ’n einde aan video’s wat outomaties afspeel met meer beheer oor welke oortjies wanneer geluid kan voortbring.