Eindelik, ’n gratis alternatief vir Superhuman met superkragte
Vivaldi Mail gradeer u e-posleser op na ’n bevelsentrum - oor meerdere rekeninge, poslyste en nuusvoere.
Dis gratis, en beskikbaar vir Windows, macOS en Linux.

Laat u e-posleser werk soos u dit wil hê
Waar die meeste e-posleser en -dienste ’n werkvloei vir u in gedagte het, kan u dit met Vivaldi Mail na hartelust aanpas. Neem beheer oor hoe u e-posleser lyk, voel en werk.
Organiseer al u rekeninge
Neem die ure terug wat u elke dag bestee om e-posse te orden. Kry direkte toegang tot al u e-posrekeninge in een eenvormige inmandjie en handel boodskappe vinniger af — sodat u verder kan gaan met wat die belangrikste is in u dag.

Skakel u skakelaar aan
Roep die inmandjierommel vaarwel toe met die wissel van aansigte. Verberg of toon geleesde e-posse, asook boodskappe van poslyste, pasgemaakte vouers, nuusvoere, gemorspos en asblik, om die inligting wat u benodig, vinnig te kry.


Snel deur u inmandjie
Sê hallo vir effektiewer e-poswerkvloeie, met aanpasbare sneltoetse ! Vivaldi Mail bied 16 konfigureerbare sneltoetse en muiskortpaaie om nuwe e-pos te skryf, e-pos te beantwoord en meer.

Soek direk deur alle inmandjies
Met Vivaldi Mail se kragtige databasis kan u direk deur geselekteerde aansigte of alle e-posse soek, selfs as u vanlyn is. Vind ’n reisprogram of die details van daardie vergadering vinniger.
Vivaldi Mail t.o. Superhuman |
![]() |
![]() |
---|---|---|
Laat u meerdere rekeninge in een inmandjie bestuur | ![]() |
![]() |
Outomatiese generering van kontakte | ![]() |
![]() |
Ingeboude kalender | ![]() |
![]() |
Ingeboude voerleser | ![]() |
![]() |
Pasgemaakte sneltoetse | ![]() |
![]() |
Aanpasbare muisgebare | ![]() |
![]() |
Soekopdragte kan as ’n nuwe filter bewaar word | ![]() |
![]() |
Outomatiese bespeuring en filtering van poslyste | ![]() |
![]() |
Naatloos geïntegreer in ’n blaaier | ![]() |
![]() |
Ons antwoord op e-posorganisering
- Leer wat dit is wat Vivaldi Mail se koppelvlak so spesiaal maak
- Kyk hoe eenvoudig dit opgestel is
- Kyk agter die skerms van elke funksionaliteit
Dink buite die vouer
U tyd is waardevol. Waarom sou u dit mors met blaai deur vouers? Maak in plaas daarvan aansigte wat die boodskappe toon wat die meeste saak maak.

Ongesien en ongelees
Daar is twee tellers langs vouers in Vivaldi Mail. Splinternuwe e-posse wat u nog nie gesien het nie, word Ongesien genoem. E-posse wat u nog nie hanteer het nie, is Ongelees.

Streng privaatheidsbeleid
Vivaldi Mail versamel geen inligting oor u gedrag en ons maak dit vir ander moeilik om u na te spoor.
Oorskakeling van Superhuman na Vivaldi is vinnig, maklik en pret.
Kort u nog redes om na Vivaldi Mail oor te skakel?
Hier is ’n paar redes waarom Vivaldi Mail die beste e-posprogram is vir kraggebruikers soos u.

Ingeboude kalender
Stuur en ontvang uitnodigings naatloos met Vivaldi Kalender.

Geïntegreerde voerleser
Nuwe voeritems van Vivaldi Voerleser word soos u ander boodskappe in die Mail-koppelvlak vertoon.

Blaaiervoordele
Vivaldi Mail is gebaseer op dieselfde robuuste kern as u gunstelingblaaier. Bestuur duisende boodskappe in ’n enkele inmandjie.

Die databasis
’n Databasis van al u boodskappe, etikette, filters, soektogte is die basis van Vivaldi Mail. Alles word geïndekseer en is dus vanlyn deursoekbaar.

Bewaarde soektogte
Soektogte kan as filters bewaar word. U hoef nie elke keer vouers te skep nie.

Ondersteuning vir meerdere rekeninge
Met steun vir IMAP en POP3 kan u byna enige e-posverskaffer integreer.
Vertrou deur miljoene gebruikers
Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.