Moeg vir eM Client?
Sê hallo vir Vivaldi Mail
Vivaldi Mail plaas u in beheer van hoe u e-posleser lyk, voel en werk.
Dis gratis, en beskikbaar vir Windows, macOS en Linux.
’n Nuwe golf van superieure organisasie
In plaas van ’n standaard werkvloei bied Vivaldi Mail u opsies, sodat u die juiste werkvloei vir u kan aanpas.
Organiseer al u rekeninge
Met Vivaldi Mail kan u al u e-posse afhandel op ’n blaaieroortjie. Omdat dit u boodskappe na u rekenaar aflaai, het u direk toegang tot al u e-posrekeninge in een eenvormige inmandjie - selfs as u vanlyn is.
Skakel u skakelaar aan
As u ’n rekening met groot hoeveelhede e-posse dophou, moet u sorg dat u nie afgelei word nie. Met een klik kan u geleesde e-posse toon of versteek, asook boodskappe van poslyste, pasgemaakte vouers, nuusvoere, gemorspos en die asblik.
Vlieg deur u inmandjie
Met Vivaldi Mail kan u persoonlike sneltoetse en muiskortpaaie gebruik. Dis die vinnigste manier om deur u inmandjie te navigeer en u boodskappe in ’n oogwenk te bekyk.
Soek direk deur alle inmandjies
Met Vivaldi Mail kan u met enkele toetsdrukke u hele e-posdatabasis deursoek, dus u kan vinnig en effektief vind wat u benodig.
Vivaldi Mail t.o. eM Client | ||
---|---|---|
Volledig aanpasbaar met deelbare temas en koppelvlakinstellings | ||
Gevorderde afhandeling (gaan na draad) | ||
Outomatiese generering van kontakte | ||
Volledige aanlyn toegang | ||
Verstelbare sneltoetse | ||
Aanpasbare muisgebare | ||
Outomatiese bespeuring en filtering van poslyste | ||
Soekopdragte kan as ’n nuwe filter bewaar word | ||
Boodskappe kan in die uitmandjie in die wagry geplaats word | ||
Ingeboude kalender | ||
Ingeboude voerleser | ||
Ingebou in ’n webblaaier |
Ons antwoord op e-posorganisering
- Leer wat dit is wat Vivaldi Mail se koppelvlak so spesiaal maak
- Kyk hoe eenvoudig dit opgestel is
- Kyk agter die skerms van elke funksionaliteit
Dink buite die vouer
Vivaldi Mail maak dit maklik om in een oogopslag te sien wat belangrik is. Geen meer grawe deur vouers nie. Fokus liewer op die skep van aansigte wat die boodskappe wat saak maak, toon.
Ongesien en ongelees
Daar is twee tellers langs vouers in Vivaldi Mail. Splinternuwe e-posse wat u nog nie gesien het nie, word Ongesien genoem. E-posse wat u nog nie hanteer het nie, is Ongelees.
Neem u privaatheid terug
Vivaldi Mail versamel geen inligting oor u gedrag en ons maak dit vir ander moeilik om u na te spoor.
Om van eM Client na Vivaldi oor te skakel is vinnig, maklik en pret.
Kort u nog redes om na Vivaldi Mail oor te skakel?
Hier is ’n paar redes waarom Vivaldi Mail die beste e-posprogram is vir kraggebruikers soos u.
Ingeboude kalender
Stuur en ontvang uitnodigings naatloos met Vivaldi Kalender.
Geïntegreerde voerleser
Nuwe voeritems van Vivaldi Voerleser word soos u ander boodskappe in die Mail-koppelvlak vertoon.
Blaaiervoordele
Vivaldi Mail is gebaseer op dieselfde robuuste kern as u gunstelingblaaier. Bestuur duisende boodskappe in ’n enkele inmandjie.
Die databasis
’n Databasis van al u boodskappe, etikette, filters, soektogte is die basis van Vivaldi Mail. Alles word geïndekseer en is dus vanlyn deursoekbaar.
Bewaarde soektogte
Soektogte kan as filters bewaar word. U hoef nie elke keer vouers te skep nie.
Ondersteuning vir meerdere rekeninge
Met steun vir IMAP en POP3 kan u byna enige e-posverskaffer integreer.
Vertrou deur miljoene gebruikers
Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.