’n Alternatief vir Apple Mail gemaak vir groot inmandjies
Vivaldi Mail kaan dit maklik om e-pos van verskillende rekeninge, poslyste en voere in ’n verenigde inmandjie te bestuur.
Dis gratis, en beskikbaar vir Windows, macOS en Linux.

Word weer verlief op u inmandjie
Terwyl die meeste e-posprogramme en -dienste u werkvloei in gedagte het, plaas Vivaldi Mail u in beheer van hoe u e-posprogram lyk, voel en werk.
Verenig u inmandjie
Vivaldi Mail kombineer al u e-posrekeninge en poslyste in een gebruikersvriendelike koppelvlak, sodat al u boodskappe altyd net een klik weg is. Maak nie saak hoeveel rekeninge u het nie, ook groot hoeveelhede e-pos kan vinniger en makliker bestuur word.

Wissel direk tussen aansigte
’n Stel skakelaars help u om tyd te spaar en u fokus te herwin deur u vinnig te laat wissel tussen verskillende aansigte en uitlegte.


Snel deur u inmandjie
Maak u e-posnavigasie vaartbelyn met aanpasbare sneltoetse en muiskortpaaie. En gebruik die Terug/Vorentoe-knoppe om vinnig deur “geskiedenis” en aansigte te spring terwyl u werk.

Soek direk deur alle inmandjies
Vivaldi Mail indekseer al u e-posse van al u rekeninge en bewaar dit lokaal op u toestel. Dit beteken dat u selfs as u vanlyn is, nog steeds toegang het tot al daardie e-posse sonder die noodsaak van ’n internetverbinding.
Vivaldi Mail t.o. Apple Mail |
![]() |
![]() |
---|---|---|
Volledig aanpasbaar met deelbare temas en koppelvlakinstellings | ![]() |
![]() |
Slim gespreksdraadhantering (spring na draad) | ![]() |
![]() |
Outomatiese generering van kontakte | ![]() |
![]() |
Volledige aanlyn toegang | ![]() |
![]() |
Verstelbare sneltoetse | ![]() |
![]() |
Aanpasbare muisgebare | ![]() |
![]() |
Outomatiese bespeuring en filtering van poslyste | ![]() |
![]() |
Soekopdragte kan as ’n nuwe filter bewaar word | ![]() |
![]() |
Boodskappe kan in die uitmandjie in die wagry geplaats word | ![]() |
![]() |
Ingeboude kalender | ![]() |
![]() |
Ingeboude voerleser | ![]() |
![]() |
Ingebou in ’n webblaaier | ![]() |
![]() |
Ons antwoord op e-posorganisering
- Leer wat dit is wat Vivaldi Mail se koppelvlak so spesiaal maak
- Kyk hoe eenvoudig dit opgestel is
- Kyk agter die skerms van elke funksionaliteit
Dink buite die vouer
Skep aansigte wat slegs die boodskappe toon wat vir u van belang is. Nie meer nodig om deur vouers te grawe of eindeloos deur lyste te blaai nie: klik bloot op die gewenste aansig en boem! U het al gevind wat u soek.

Ongesien en ongelees
Daar is twee tellers langs vouers in Vivaldi Mail: Ongesien en Ongelees. Die eerste (Ongesien) gee die aantal nuwe e-posse aan wat nog nie voorheen gesien is nie, terwyl e-posse wat u al gesien het maar nog nie afgehandel het nie, deur die ander waarde (Ongelees) weergegee word.

Roep nasporing vaarwel
Vivaldi Mail spoor nie u gedrag na nie. En ons probeer ander naspoorders wat u d.m.v. e-pos op u spioeneer, versper.
Om van Apple Mail na Vivaldi Mail oor te skakel is vinnig en maklik.
Kort u nog redes om na Vivaldi Mail oor te skakel?
Hier is ’n paar redes waarom Vivaldi Mail die beste e-posprogram is vir kraggebruikers soos u.

Ingeboude kalender
Stuur en ontvang uitnodigings naatloos met Vivaldi Kalender.

Geïntegreerde voerleser
Nuwe voeritems van Vivaldi Voerleser word soos u ander boodskappe in die Mail-koppelvlak vertoon.

Blaaiervoordele
Vivaldi Mail is gebaseer op dieselfde robuuste kern as u gunstelingblaaier. Bestuur duisende boodskappe in ’n enkele inmandjie.

Die databasis
’n Databasis van al u boodskappe, etikette, filters, soektogte is die basis van Vivaldi Mail. Alles word geïndekseer en is dus vanlyn deursoekbaar.

Bewaarde soektogte
Soektogte kan as filters bewaar word. U hoef nie elke keer vouers te skep nie.

Ondersteuning vir meerdere rekeninge
Met steun vir IMAP en POP3 kan u byna enige e-posverskaffer integreer.
Vertrou deur miljoene gebruikers
Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.