Klaar met Opera?
Sê hallo vir Vivaldi.
Vivaldi is ’n uiters aanpasbare Opera-blaaier-alternatief wat u privaatheid prioritiseer bo ons wins.
Versoenbaar met Windows, macOS, Android en Linux.

Uiterste aanpasbaarheid. Beter privaatheid. Vinniger blaaiery
Ons glo dat u beheer moet hê oor hoe u blaaier lyk, voel en werk. Met Vivaldi kan u instellings aanpas en nuwe funksies ontdek om u produktiwiteit te verhoog en die blaaier van u drome te skep. Alles sonder kommer oor privaatheid.
Bestuur oortjies professioneel
Vivaldi is nie tevrede om net ’n paar oortjiebestuuropsies te bied nie. Ons wil dit alles hê! Ruk u oortjies handuit? Probeer tweevlakoortjiegroepe en voorkom die soektog.


Slaan die heen-en-weer oor
Met oortjiestapeling kan u meer as een blad tegelyk langs mekaar of in ’n rooster bekyk. Goed vir die vergelyk van aanbiedings, die volg van nuus of die bekyk van meerdere Twitch-strome.
Gee u blaaier persoonlikheid
Mik bo die gewone. Skep met aangepaste kleure, agtergronde, oortjierandafronding en ander gevorderde instellings, ’n blaai-ervaring wat uniek aan u is.

Gee u produktiwiteit ’n hupstoot
Snel deur u taaklys met Vivaldi se navigasieopsies, aanpasbare gebruikerskoppelvlak en ingeboude gevorderde funksies. Kry meer gedoen - met meer plesier.
Volledige ondersteuning
Gedeeltelike ondersteuning
Geen ondersteuning
Vivaldi vs. Opera |
![]() |
![]() |
---|---|---|
Produktiwiteit | ||
Oortjiegroepe op twee vlakke | ![]() |
![]() |
Oortjiegroepe | ![]() |
![]() |
Onbeperkte oortjies in splitskerm | ![]() |
![]() |
Vrye plasing van die oortjiebalk | ![]() |
![]() |
Vrye plasing van die adresbalk | ![]() |
![]() |
Periodieke oortjieverfrissing | ![]() |
![]() |
Installeer webwerwe as lessenaartoeps (PWA’s) | ![]() |
![]() |
Pasgemaakte makro’s | ![]() |
![]() |
Pasgemaakte muisgebare | ![]() |
![]() |
Pasgemaakte sneltoetse | ![]() |
![]() |
Ingeboude fokuswekker en produktiwiteitsklok | ![]() |
![]() |
Pasgemaakte toeps & werwe in die systaaf | ![]() |
![]() |
Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik) | ![]() |
![]() |
Pousemodus | ![]() |
![]() |
Ingeboude notas | ![]() |
![]() |
Ingeboude e-pos | ![]() |
![]() |
Ingeboude kalender | ![]() |
![]() |
Privaatheid | ||
Ingeboude advertensieversperder | ![]() |
![]() |
Beskerming teen naspoorders | ![]() |
![]() |
Pasgemaakte versperlyste | ![]() |
![]() |
Veilige sinchronisering met enkripsiesleutel | ![]() |
![]() |
Geen nasporing & profilering van gebruikersgedrag | ![]() |
![]() |
Ingeboude funksies | ||
Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddel | ![]() |
![]() |
Privaat volbladvertaalnutsmiddel | ![]() |
![]() |
Uitspringvideos op enige webwerf | ![]() |
![]() |
Pasgemaakte deelbare temas | ![]() |
![]() |
Bewerkbare nutsbalke | ![]() |
![]() |
Versoenbaar met Chromium-uitbreidings | ![]() |
![]() |
Stel pasgemaakte soekenjins in | ![]() |
![]() |
Pas die voorkoms van blaaie aan met bladaksies | ![]() |
![]() |
Ingeboude lesermodus | ![]() |
![]() |
Visuele geskiedenis met statistieke | ![]() |
![]() |
Beelddetailinspekteur | ![]() |
![]() |
Aan/af beeldanimasie | ![]() |
![]() |
Aan/af beeldlaai | ![]() |
![]() |
Hierdie grafiek word kwartaalliks bygewerk met die jongste weergawe-inligting, en gee moontlik nie altyd die onlangsste bywerkings weer nie.
Hierdie blaaier behoort aan u
Om te blaai is persoonlik, daarom benodig u ’n blaaier wat by u behoeftes aanpas. Met Vivaldi se buigbare koppelvlak en uitgebreide ingeboude opsies en funksies, kan u instellings meng en pas om u ideale blaaieropstelling te skep.

Sien Vivaldi in aksie
Kyk na hierdie video om te sien hoe Vivaldi meeding met Opera.
Oorskakel van Opera na Vivaldi is vinnig en eenvoudig - en is die moeite werd.
Geen nasporing toegelaat
Vivaldi onderskei hom van blaaiers wat u data wil versamel en geld daaruit maak. Ons het geen idee wie u is of wat u aanlyn doen nie. En met ons ingeboude nasporings- en advertensieversperder doen ons ons bes om te voorkom dat ander u naspoor.

Neem Vivaldi oral saam
Sinchroniseer boekmerke, wagwoorde, oop oortjies en meer tussen u werkskerm- en mobiele toestelle deur by u Vivaldi-rekening in te teken. U kan dus altyd verder gaan waar u dit gelos het.

Vertrou deur miljoene gebruikers
Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.