’n Liggewig Chrome-alternatief wat u nie naspoor nie
Vivaldi is ’n vinnige, uiters aanpasbare blaaier – soos Chrome op steroïdes. Maar dit prioritiseer u privaatheid – nie vir ons wins nie.
Versoenbaar met Windows, macOS, Android en Linux.
Supervinnig, intuïtief en propvol funksies
Ons glo dat u in beheer moet wees van hoe u blaaier daar uitsien, voel en werk. Met Vivaldi se uitgebreide ingeboude opsies en funksies kan u instellings meng en pas vir ’n blaai-ervaring wat uniek is aan u. Voeg dan ’n pasgemaakte tema toe om u persoonlikheid uit te druk.
Veelvlakkige oortjiegroepe
Oortjiegroepe is ’n belangrike voorbeeld van ons ongeëwenaarde oortjiebestuur. Sleep en los net om u oortjies te organiseer, sodat u die gewenste inligting vinniger kan vind.
Slimmer produktiwiteitsnutsmiddels
Snel deur u take met beter navigasie-opsies, aanpasbare koppelvlak, gevorderde ingeboude funksies en kernproduktiwiteitstoeps: egte e-posleser, privaat kalender en leser sonder algoritmes.
Onbeperkte oortjies in splitskerm
Oortjiestapeling laat u meer as een blad op ’n slag bekyk, langs mekaar of in ’n rooster. Vir werk en spel — geweldig vir die vergelyk van werksaanbiedings of die kyk van meerdere Twitch-strome!
Volle steun vir uitbreidings
Vivaldi het soveel funksies ingebou dat u in tyd nie meer u gunstelinguitbreidings benodig nie. Maar net ingeval, kan u altyd uitbreidings installeer vanuit die Chrome uitbreidingswinkel.
Volledige ondersteuning Gedeeltelike ondersteuning Geen ondersteuning
Vivaldi vs. Chrome | ||
---|---|---|
Produktiwiteit | ||
Oortjiegroepe op twee vlakke | ||
Oortjiegroepe | ||
Onbeperkte oortjies in splitskerm | ||
Vrye plasing van die oortjiebalk | ||
Vrye plasing van die adresbalk | ||
Periodieke oortjieverfrissing | ||
Pasgemaakte makro’s | ||
Pasgemaakte muisgebare | ||
Pasgemaakte sneltoetse | ||
Ingeboude fokuswekker en produktiwiteitsklok | ||
Pasgemaakte toeps & werwe in die systaaf | ||
Handmatige oortjieslaapstand (bespaar geheuegebruik) | ||
Pousemodus | ||
Ingeboude notas | ||
Ingeboude e-pos | ||
Ingeboude kalender | ||
Privaatheid | ||
Ingeboude advertensieversperder | ||
Beskerming teen naspoorders | ||
Pasgemaakte versperlyste | ||
Veilige sinchronisering met enkripsiesleutel | ||
Geen nasporing & profilering van gebruikersgedrag | ||
Ingeboude funksies | ||
Blaaiergebonde skermkiekienutsmiddel | ||
Privaat volbladvertaalnutsmiddel | ||
Uitspringvideos op enige webwerf | ||
Pasgemaakte deelbare temas | ||
Bewerkbare nutsbalke | ||
Versoenbaar met Chromium-uitbreidings | ||
Stel pasgemaakte soekenjins in | ||
Pas die voorkoms van blaaie aan met bladaksies | ||
Ingeboude lesermodus | ||
Visuele geskiedenis met statistieke | ||
Beelddetailinspekteur | ||
Aan/af beeldanimasie | ||
Aan/af beeldlaai |
Hierdie grafiek word kwartaalliks bygewerk met die jongste weergawe-inligting, en gee moontlik nie altyd die onlangsste bywerkings weer nie.
Kom los van die tegnoreuse vir ’n blaaier wat privaatheid voorop stel
Ons vind die naspoor van gebruikergedrag grieselig, verkeerd en onnodig. Daarom het Vivaldi geen idee wie u is of welke werwe u besoek nie. U blaaiery, u sake. En ons help u om ander wat naspoor ook te vermy d.m.v. die ingebouwe naspoorder- en advertensieversperder.
Sien Vivaldi in aksie
Kyk na hierdie video om te sien hoe Vivaldi Google Chrome oortref.
Oorskakeling na Vivaldi vanaf Chrome is vinnig, maklik en pret.
Blaai onderweg. Waar u ook al gaan
Sinchroniseer boekmerke, wagwoorde, oop oortjies en meer tussen u werkskerm- en mobiele toestelle deur by u Vivaldi-rekening in te teken. U kan dus altyd verder gaan waar u dit gelos het.
Vertrou deur miljoene gebruikers
Sonder eksterne beleggers is ons vry om na ons gebruikers te luister en om, saam met hulle, die blaaier te bou wat hulle verdien.