Oor ons

Ons is ’n onafhanklike blaaiermaatskappy gebaseer in Noorweë en Ysland. Ons glo dat die web gemaak is vir verkenning, en dat blaaiery u moet help om idees te ontdek en na te jaag. Dit moet u gees verlig.

Ons missie

Ons bou ’n kragtige, persoonlike en buigsame blaaier wat by u aanpas.

U blaaier is waarskynlik die toep wat u die meeste gebruik. Ons sê “waarskynlik”, omdat we nie seker is nie; In teenstelling met die meeste blaaiers volg ons nie ons gebruikers nie. U blaaier is ten slotte meer as net ’n toep. Dit is waar u beplan, leer, skakel en skep. Dit is u basiskamp vanwaar geweldige, uitgestrekte web verken word. U blaaier moet u dus help om meer gedoen te kry en te weerspieël hoe u werk, alles sonder kompromisse.

Vivaldi is vol hulpmiddels om u te help verken, hulpmiddels waarvoor ander blaaiers uitbreidings benodig om na te boots. Ons bou dit in, sodat u weet waar dit vandaan kom. In teenstelling met ander blaaiers het ons geen kunsmatige assistent om namens u op die internet te blaai, te filter wat u sien en te beslis wat u nie sien nie.

Ons kies mense bo bohaai en ons sal die vreugde van verkenning nie omsit in passiewe toeskouerskap nie. Want sonder verkenning word die web baie minder interessant. Ons nuuskierigheid verloor dan suurstof en die afwisseling van die web sterf weg.

Ons het Vivaldi geskep omdat ons lief is vir die web.

Waar ons is

We is gevestig in Noorweë en Ysland, waar die privaatheidsreëls streng is, waarmee u data ver bly van die onversadigbare honger van tegnoreuse wat u persoonlike data aan adverteerders verkoop. Al en al is ons met 25 nasionaliteite werksaam in sewe lande.

Sakemodel

Ons het geen eksterne beleggers wat ons agterbakse dinge laat doen in die meedoënlose strewe na steeds groter winste nie. Ons volg of profileer u nie. Ons versamel geen gebruiksdata nie. Ons gee net verantwoording aan ons lewendige gemeenskap van 3.7 miljoen gebruikers (en dat neem steeds toe!), wat help om die blaaier vorm te gee.

Hoewel ons nie hier in is om “die volgende tegnologiekonglomeraat” te word nie, moet ons natuurlik ’n bestaan voer en die rekeninge betaal om te bly doen wat ons doen – op ’n etiese manier.

Waar kom ons inkomste dan vandaan?

  • Vennootskapooreenkomste met soekenjins
  • Vennootskapooreenkomste met boekmerkvennote
  • Vennootskapooreenkomste deur Direkte Treffer
  • Skenkings

Lees meer oor ons sakemodel

Skenk vir ’n beter web

Ons bestaan voor u en vanweë u; en u kan ons help om te groei. U skenkings ondersteun de stryd vir ’n beter web en maak Vivaldi kragtiger, meer persoonlik en meer privaat.

In die stryd teen tegnoreuse en vir ’n beter web — enige bedrag sal daarmee help.

Maak ’n skenking