U blaaier is bygewerk
Rol af om te sien wat is nuut
Soek op u manier
U het gevra en ons het gelewer: pasgemaakte soekenjins is nou op Vivaldi vir Android! U kan nou enige enjin wat u wil toevoeg, insluitend gespesialiseerde soektogte wat u daagliks gebruik (dink aan u maatskappy se interne kennisbasis of u universiteit se biblioteekkatalogus).
So maklik as om lank op enige soekveld te druk en “Voeg toe as soekenjin” te kies. Klaar!
Neem u boekmerke oral mee
U behoort vry te wees om u data rond te skuif soos u wil. Daarom het u nou die vermoë het om boekmerke in te voer en uit te stuur.
Oorweeg u dit om Vivaldi u primêre mobiele blaaier te maak? Niks keer u nie! Bring u hele boekmerkversameling saam. Geen kompromis, en geen begin van voor af.
Verfynde donkermodus
Donkermodus gaan nie net daaroor om kleure om te swaai nie, dit gaan daaroor om ’n gemaklike, sag-op-die-oog-ervaring in enige beligtingstoestand te skep. Detail maak saak en ons het dit verfyn om te verseker dat alles perfek lyk.
Het u die Donkermodus-knop in u kieslys gemis? Wel, dit is terug!
Nuwe sagte ware
Ons het handelsprodukte gemaak wat sê wat ons dink. Vivaldi Store 2.0 is oop met nuwe ontwerpe en kleding vir u gemaak. U kan ’n spesiale afslagkode vind op Vivaldi Sosiaal.
