Vivaldi op Android

Blaai met rekenaarstyl oortjies, versper advertensies en naspoorders en sinchroniseer data veilig tussen toestelle.

Kry dit op Google Play

Kragtig. Volgeprop met buigbare funksies, almal ingebou.

Persoonlik. U maak dit u eie, Vivaldi pas by u aan.

Privaat Ons spoor nie u of u gedrag na nie.

Waarom Vivaldi op u foon of tablet?

Oortjies in rekenaarstyl

Blaai met egte oortjies in rekenaarstyl vanuit die buigbare oortjiebalk, uniek aan Vivaldi. Bekijk en wissel maklik tussen oop oortjies. En bring dit letterlik na ’n hoër vlak met ’n oortjiebalk met twee vlakke! Groepeer ook meerdere oop oortjies op ’n unieke manier met oortjiegroepe met twee vlakke.

Snelkieser

Kry vinniger toegang tot u gunstelingwerwe en organiseer u boekmerke d.m.v. die blaaier se beginblad. U kan snelkiesers in verskillende uitlegte skep en dit op grond van werfkategorieë of belangstellings verpersoonlik – alles met net een tik. Bonus: dit kan maklik gewysig en gesorteer word.

Soekenjinsneltoetse

Soek u graag op die web? Uniek aan Vivaldi: probeer die byname vir soekenjins waarmee u kan spring tussen soekenjins. Tik die toegewese letter, gevolg deur ’n spasie en u soekterm.

Notas

Organiseer al u ideë, aantekeninge en taaklyste op een plek met Notas, ’n unieke funksionaliteit. Ekstra voordeel: sinchroniseer notas met u telefoon, rekenaar en kar en gaan oral voort waar u opgehou het.

Vertaal

Vertaal volledige webblaaie direk in 108 tale met die ingeboude funksie. Gebruik die een-stap outomatiese vertaalopsie wat tekstfragmente tegelyk vertaal. Trouens, die tegnoreuse kyk nie saam nie - die enigste bedieners wat hierby betrokke is, is Vivaldi s’n.

Bladopname

Vang elke kleinste detail! Maak ’n foto van ’n volledige webblad, of net ’n deel van die sigbare gebied op u skerm met die unieke ingeboude skermkiekiefunksie.

Leeslys

Mis nooit ’n goeie verhaal nie. Bewaar alles wat u wil lees in u leeslys en haal dit op wanneer u wil. Selfs beter, dit kan op elke toestel met Vivaldi gesinchroniseer word.

Donkermodus en -temas

Gaan verder as die gebruiklike ligte, donker en standaardtema van die stelsel! U het ’n verskeidenheid aan temakleure ter beskikking wat blaaier kleurryker, buigbaarder en persoonlik maak.

Privaat oortjies

Ons privaat oortjies bewaar geen inligting wanneer die oop oortjie gesluit word nie. Webwerwe wat u besoek, koekies en tydelike lêers word nie op u toestel bewaar wanneer u op ]n privaat oortjie blaai nie.

QR-kodeskandeerder

Gebruik Vivaldi se superhandige ingeboude genereerder om QR-kodes van bronadresse te skep en te deel met ander toestelle. Skandeer bloot QR- en strepieskodes omskakels, kieslyste, betalingsskerms of toeps te open.

Versper Naspoorders en advertensies

Keuse. U het dit in Vivaldi, in byna elke funksie. Selfs in hoe u wil hê webwerwe moet vertoon met ons ingeboude nasporings- en advertensiefiltering.

Die Naspoorderversperder beskerm u teen webspoorders wat u oor die web volg en persoonlike inligting insamel. Hoewel spoorderversperring genoeg beskerming bied, verkies sommiges om advertensies ook nog te versper.

Gaan groot met Vivaldi op u tablet

Blaaiery op groot skerms kry ’n opgradering! Met ons funksies kan u meer doen, maar ook met meer plesier. Met baie liefde en ’n oog vir detail het ons Vivaldi se functionaliteit ontwerp vir sowel selfone as tablette.

Privaatheid en Veiligheid

Ons respekteer almal wat kies om met ons te blaai. Dit is waarom ons nie u profiel of gedrag naspoor nie, of u data verkoop nie. Die werwe wat u besoek, wat u by die blaaier intik, u aflaaie – dit is en bly u eie data. Ons bewaar dit nie eens op ons bedieners nie — dit bly lokaal op u rekenaar of word geënkripteer.

En ons doen ons bes om ander naspoorders ook te keer met ons ingeboude naspoorderversperder. As gevolg hiervan bly u privaat inligting altyd veilig — en kan u vry rondblaai sonder om te bekommer of iemand ’n kykie neem in u blaaigeskiedenis of naspoor wat u aanlyn doen.

Sinchroniseer oor al u toetstelle

Goeie nuus: Ons is, sê maar, oral! Rekenaar, mobiel en selfs in motors. Daarom werk Vivaldi soomloos op verskillende toestelle wat u volle blaaiergeskiedenis, wagwoorde, boekmerke, oortjies, notas, leeslys en meer sinchroniseer.

Ons gebruik eind-tot-eind-enkripsie om te voorkom dat u data toeganklik is vir derdepartye. En as ekstra bonus lê u blaaidata ter plaatse in Ysland, waar dit onder streng privaaatheidswette val.

“Ons gunstelingwebblaaier ’is ’n aansienlike verbetering vir blaai op groter mobiele skerms”

Scott Gilbertson
Senior writer, WIRED

Kry nou die beste blaaier vir Android!

Get it on Google Play

Vennootboekmerke en snelkiesers

Wanneer u op ons vennootboekmerke en snelkiesers klik en iets koop, kan Vivaldi ’n kommissie daaruit verdien. Geaffilieerde programme en affiliasies sluit in, maar is nie beperk tot, die eBay-vennootnetwerk.

Soekenjins

Die soekervaring sal deur Microsoft Bing verskaf word.