U blaaier is bygewerk

Gee ’n skenking om ons te help om die mees verbasingwekkende blaaier te bly bou.

Enorme prestasieverbetering

Vivaldi is nou tot 12 keer vinnier, met vinniger laai van bladsye en vinniger blaai deur nuusvoere. Dit is soos om van 10 km/h te hardloop tot jagluiperdsnelheid van 120 km/h! U batterylewe sal die verskil definitief agterkom.

Herboude advertensie- en naspoorderversperder

Ons ingeboude advertensie- en naspoorderversperder is geheel herontwerp en is meer effektief as ooit.

Kies tussen Af, Lig, Sterk of Aggressief afhangend van hoeveel u wil versper, hetsy as verstek of op ’n per-werf-basis. U kan ook pasgemaakte vlakke skep en u gunstelingsperlyste van ’n bronadres of lêer invoer.

Kopieer skoongemaakte skakel

Kopieer en deel skakels sonder die nasporingsparameters wat dikwels daartoe toegevoeg word. ’n Maklike gewoonte wat u blaaiery privaat hou.

Nuwe oortjie posisie

Kies waar u nuwe oortjies geopen word, of nou Na verwante oortjie, Na aktiewe oortjie, As laaste oortjie of As oortjiestapel met verwante oortjie is.