U blaaier is bygewerk

Gee ’n skenking om ons te help om die mees verbasingwekkende blaaier te bly bou.

Herboude advertensie- en naspoorderversperder

Ons ingeboude advertensie- en naspoorderversperder is geheel herontwerp en is meer effektief as ooit.

Kies tussen Af, Lig, Sterk of Aggressief afhangend van hoeveel u wil versper, hetsy as verstek of op ’n per-werf-basis. U kan ook pasgemaakte vlakke skep en u gunstelingsperlyste van ’n bronadres invoer.

Kopieer skoongemaakte skakel

Kopieer en deel skakels sonder die nasporingsparameters wat dikwels daartoe toegevoeg word. ’n Maklike gewoonte wat u blaaiery privaat hou.

Open oortjies in ’n groep

Oortjiegroepe hou u blaaiery georganiseerd en nou kan nuwe skakels presies land waar dit tuishoort. Druk lank op ’n webblad om te kies in watter groep dit moet open.

Verbeterde mediabeheer

Al u oop oortjies wat oudio afspeel word nou op u telefoon se mediabediening getoon sodat u makliker daartussen kan wissel sonder om Vivaldi eens oop te maak.

Open in toep

Hierdie nuwe instelling in die hoofkieslys laat u oortjies open in die bybehorende toep wanneer u dit op u foon afgelaai het.